Valke kry oorhand teen o.18-span
Skolerugby
Die Namibiese skolerugbyspan het gister drie drieë teen vyf gedruk in sy nederlaag teen die Valke op die eerste dag van die SA o.18 Akademieweek in Middelburg, Mpumalanga.
Twee van die Namibiese drieë is vanaf lynstaandrywe gedruk, naamlik deur die flank Keyo Kruger (Moria) en stut Jurick van der Berg (Tsumeb Gimnasium). Die agterstand was egter reeds te groot teen die tyd dat die derde drie deur die kaptein Vincent Scholtz (Windhoek Gimnasium) gedruk is, wat as flank begin het en ná ‘n sterk lopie met twee manne op sy rug oor die doellyn is.
Mc-Rein van Wyk, losskakel van Windhoek Hoërskool, het met twee doelskope geslaag en sy skoolmaat William Beukes (heelagter) het ‘n lang strafdoel van net binnekant sy halfgebied deur die pale gejaag.
Die span van Oos-Gauteng se blonde skrumskakel Jason Coetzer was een van hul vername spelskeppers en was ook akkuraat met drie strafdoele en drie doelskoppe. Goeie ondersteunende spel het ook tot die Valke se drieë bygedra.
Konstruktiewe opbouwerk deur die Namibiërs is nie altyd met punte beloon nie, met beter afronding wat hulle in hul volgende wedstryde by die toernooi goed te pas sal kom.
Die linkervleuel Ethan Sinden (WHS) het met ‘n paar vlugvoetige lopies veld gewen en Mc-Rein van Wyk het ook ‘n slag of wat deur die verdedigingslyn gebreek, hoewel laasgenoemde teen die einde ‘n geelkaart vir ‘n hoogvat gekry het.
• Zimbabwe het gister sy eerste wedstryd by die o.18 Akademieweek met 42-31 teen Griekwas gewen.
Rustyd was die Zimbabwiërs met 21-17 voor en het uiteindelik vyf drieë teen vier gedruk. Rukudzo Mayida was ‘n individuele uitblinker met ‘n drie, vier doelskoppe en drie strafdoele vir ‘n totaal van 22 punte.
• Gister se ander uitslae: Limpopo Blou Bulle klop Pumas 27-24; Boland klop Grens 36-26; Goue Leeus XV klop Blou Bulle 31-26; Westelike Provinsie klop Vrystaat 33-20; Oostelike Provinsie klop Haaie 39-33.

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article