Twee Koedoebulle in die vreemde
Rugby
Twee spelers van Samsung Windhoek Hoërskool se eerste rugbyspan, die stutte Cashton Cloete (regs) en Jadin Bock, is vandeesweek op toer as lede van die Suid-Afrikaanse Rhino-span wat in Europa toer. Cloete, wat ook vanjaar die Namibiese skolespan by die o.18 Akademieweek verteenwoordig het, en Bock is vroeër vanjaar raakgesien toe die WHS Koedoebulle by die Patriotfees deelgeneem het en is dus vir die Rhino-toerspan gekies. Die Rhino-toerspan het afgelope Sondag in Amsterdam hul toer teen Nederland se nasionale o.18-span afgeskop en is bestem om vandag in hul tweede toerwedstryd opgeweeg te word. Komende Vrydag sal hulle ook in Italië ‘n derde wedstryd speel voordat hulle die volgende dag die vlug huiswaarts haal. Die toer bied ‘n verdere geleentheid vir die betrokke spelers om deur talentjagters geïdentifiseer te word. Foto verskaf
Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article