Toetsspeler wat verdrink ‘byna 3 keer oor wettige alkoholvlak’
Rugby
In ’n geregtelike doodsondersoek het dit aan die lig gekom dat die voormalige Engelse toetsrugbyspeler Tom Voyce byna drie keer oor die wettige alkoholvlak was nadat hy dood is toe hy gedurende ’n storm in Brittanje probeer het om ’n rivier met sy 4x4-voertuig oor te steek.
Die voertuig wat Voyce (43) bestuur het, is deur die Aln-rivier in Northumberland meegesleur toe dit in Desember 2024 weens storm Darragh sy walle oorstroom het.
Sky berig die lykskouer het bevind dat Voyce se dood ’n ongeluk was.
Dr. Clive Bloxham, die patoloog, het aan die geregtelike doodsondersoek gesê dat Voyce ’n lesing van 215 milligram alkohol per 100 milliliter bloed gehad het.
“Dit is meer as twee-en-’n-half, amper drie keer die wettige vlak,” sê hy.
“Ondanks die moontlikheid van ’n mate van toleransie vir alkohol, sou hierdie vlak na verwagting sy koördinasie en oordeel benadeel het. ’n Mens sou verwag dat hy ’n beduidende mate van dronkenskap met hierdie alkoholvlak en benadeelde besluitneming voor sy dood sou hê.”
Bloxham sê die dood is deur verdrinking veroorsaak.
Die geregtelike doodsondersoek het gehoor Voyce was by ’n jaguitstappie op sy broer se plaas en het toe saam met twee ander mans na die Queen’s Head-kroeg gegaan. Sy vrou het die owerhede gekontak toe hy die volgende dag nie huis toe gekom het nie.
Die polisie het destyds ’n uitgebreide soektog na Voyce gedoen voordat sy lyk gevind is.
Voyce, wat op vleuel en heelagter die drieë ingeryg het, was ’n lid van die seëvierende Wasps-span wat die Engelse Premierliga en die Europese Kampioenebeker in 2004 verower het.
Hy het hulle gehelp om albei titels ’n tweede keer te verower, maar het hul derde Europese oorwinning weens ’n besering misgeloop.
Hy het tussen 2001 en 2006 nege keer vir Engeland uitgedraf en het in 2013 uitgetree.
– Netwerk24

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article