Sterk reaksie en akkuraatheid teen Samoa noodsaaklik
Rugby
Beserings aan die binnesenter Danco Burger (harsingskudding) en vyfslot Tiaan de Klerk (enkel) ná die verloortoets teen België was deel van die oorwegings vir Namibië se spankeuse vir vanaand se 2027 Wêreldbeker-uitdunwedstryd teen ‘n kragtige Samoa-kombinasie.
Die Namibiese groep is deeglik bewus dat ‘n tweede nederlaag in Dubai (afskoptyd 17:30 in Namibië) die doodskoot vir hul kanse sal beteken om in die 2027 Wêreldbekertoernooi in Australië betrokke te wees.
Namibië se direkteur van rugby, Jacques Burger, het gister in ‘n aanlyn mediakonferensie erken dat die Welwitschias ‘n reusetaak voor hulle het, maar dat die groep die geloof koester dat hulle die oënskynlik onmoontlike kan vermag.
“Ons het (teen België) dit vir onsself moeilik gemaak met ‘n v roeë agterstand van 0-17. Ons sal die wedstryd veel beter moet begin en sal fisiek ons man moet staan.
“Ons het reeds voor hierdie toernooi geweet dat ons vir Samoa sal moet klop indien ons wil kwalifiseer. Die uitslag teen België is ‘n groot terugslag, maar as ‘n groep wil ons baie graag die saak regstel.”
Burger het uitgewys dat België se spoed na die afbreekpunt en oorheersing van die kontaksituasie van die fokuspunte in die nadraai van Saterdag se verloortoets (15-22) was.
“Daar was verskeie gebiede waarin ons nie baie goed gevaar het nie en waar ons sal streef om te verbeter. ‘n Span wat in toetsrugby met 37 duikslae misluk, kan verwag om nege uit tien keer aan die verloorkant te eindig. Dit was ‘n statistiek waaraan ons baie persoonlike waarde heg.”
Die direkteur van rugby het uitgewys dat Samoa se speelstyl ‘n verskillende uitdaging as België bied, maar dat die Namibiërs elke geleentheid sal moet afrond om punte aan te teken.
“Dit sal ‘n baie akkurate en manmoedige vertoning vir 80 minute verg, maar ons glo dat geen span onoorwinlik is nie. Daar is dringendheid in die situasie waarin ons ons bevind en elke speler is oorgehaal om sy absolute beste te gee.”
Skuiwe
In die Namibiese spankeuse maak Cliven Loubser sy terugkeer in die 10-trui in die plek van André van der Berg, wat na die reserwebank verskuif. Loubser is derde op die nasionale rekordlys van voorste puntemakers in toetsrugby ná Theuns Kotzé en Jaco Coetzee. Hy verskuif nader aan die aksie nadat hy teen België van die bank af opgestuur is om heelagter te speel, waar hy heelwat van sy mees onlangse rugby vir Namibië gespeel het.
Danco Burger se hoofbesering bring mee dat Johan Deysel en Jay-Cee Nel vir die eerste keer ‘n toets as ‘n senterpaar sal begin. Danie van der Merwe word as regtervleuel ingebring, terwyl Divan Rossouw in Nel se plek as heelagter sal begin.
Voorlangs is Johan Retief nader geroep om die beseerde Pumas-slot Tiaan de Klerk se posisie in te neem. Op vaskopstut sal Aranos Coetzee en flank Prince !Gaoseb dié keer vanaf die afskop speel, terwyl Haitembu Shikufa en Wian Conradie hulle reg hou om vanaf die reserwebank ‘n impak te maak.
Eilandspan
Samoa se gesukkel in sy kwalifiserende veldtog van die afgelope 12 maande is welbekend, maar afrigter Tusi Pisi het nietemin ‘n sterbelaaide groep professionele spelers in Dubai tot sy beskikking.
Drie spelers wat tevore toetsrugby vir ander lande gespeel en volgens die veranderde regulasies ná ‘n internasionale onderbreking van minstens drie jaar vir ‘n skuif na Samoa kon kwalifiseer, is almal in die 23-tal teen Namibië ingesluit.
Die 34-jarige Scott Sio is nie in hul oorwinning teen Brasilië ingespan nie, maar sal as loskopstut teen Aranos Coetzee begin. Sio het vanaf 2013 in 74 toetse vir die Wallabies gespeel en bykans dubbeld soveel wedstryde vir die Australiese Superrugby-franchise die Brumbies.
Nog ‘n Samoaanse bulstut, Titi Lamositele (30), is sedert 2023 in ‘n sy tweede internasionale loopbaan, nadat hy in 2019 in die VSA se Wêreldbeker-groep na Japan gekies was. Lamositele se beroepsloopbaan sluit ook lang tye by drie topklas klubs in – Saracens, Montpellier en (sedert 2024) Harlequins.
Op heelagter het Jacob Umaga ook met 18 punte teen Brasilië (insluitend ‘n drie) sy potensiaal gewys. Die 27-jarige produk van ‘n spoggerige Samoaanse familiestamboek het in 2021 onder afrigter Eddie Jones ‘n enkele toets vir Engeland gespeel.
Die sterk agtsteman Iakopo Maku was ook ná 51 minute ‘n driedrukker teen Brasilië met ‘n beplande kraglopie vanaf ‘n aanvallende lynstaan. Maku (27) het vanjaar by Stade Francaise aangesluit ná vorige kontrakte by Moana Pasifika en Northampton Saints.
• Samoa beskerm ‘n foutlose internasionale rekord teen Namibië ná twee ontmoetings. Samoa het in 2003 Windhoek besoek en met 40-3 gewen. Die eindtelling was soortgelyk (49-12) in hul 2011 Wêreldbeker-ontmoeting teen Jacques Burger se Namibiese span in Rotorua, Nieu-Seeland.
SAMOA
15 Jacob Umaga (Benetton, Italië)
14 Latrell Ah Kiong (Western Sydney Two Blues)
13 Tumua Manu (Pau, Frankryk)
12 Lalomilo Lalomilo (Moana Pasifika)
11 Va’afauese Maliko (Suresnes, Frankryk)
10 Rodney Iona (Seattle Seawolves)
9 Jonathan Taumateine (Moana Pasifika)
8 Iakopo Mapu (Stade Francais, Frankryk)
7 Alamanda Motuga (Moana Pasifika)
6 Miracle Faiilagi (Moana Pasifika)
5 Theo McFarland (kaptein; Saracens)
4 Taleni Seu (Toyota Jido Shokki, Japan)
3 Tietie Tuimauga (Saracens)
2 Sama Malolo (Perpignan, Frankryk)
1 Scott Sio (Exeter Chiefs)
Reserwes:
16 Millenium Sanerivi (Moana Pasifika)
17 Titi Lamositele (Harlequins, Engeland)
18 Michael Alaalatoa (Clermont, Frankryk)
19 Ben Nee Nee (Kamaishi Seawaves, Japan)
20 Abraham Papalii (Castres Olympique, Frankryk)
21 Connor Tupa’i (San Diego Legion, VSA)
22 Faletoi Peni (Southland, Nieu-Seeland)
23 Tuna Tuitama (Moana Pasifika)
NAMIBIë
15 Divan Rossouw (Seattle Seawolves, VSA)
14 Danie van der Merwe (FNB Wanderers)
13 Jay-Cee Nel (Airlink Pumas)
12 Johan Deysel (FNB Wanderers)
11 JC Greyling (FNB Wanderers)
10 Cliven Loubser (Anthem Rugby, VSA)
9 Helarius Kisting (Dinamo Bucure?ti, Roemenië)
8 Adriaan Booysen (US Marmandaise, Frankryk
7 Max Katjijeko (CSA Steaua Bucuresti, Roemenië)
6 Prince !Gaoseb (CSA Steaua Bucuresti, Roemenië)
5 Johan Retief (Orkan Sochaczew, Pole)
4 Adriaan Ludick (CSA Steaua Bucuresti, Roemenië)
3 Aranos Coetzee (Vrystaat-Cheetahs)
2 Louis van der Westhuizen (kaptein, Vrystaat-Cheetahs)
1 Otja Auala (FNB Unam / Rhino rugby-akademie, Kaapstad)
Reserwes
16 Armand Combrinck (Maties)
17 Gianluca Savoldelli (UXI rugby-akademie, Kaapstad)
18 Haitembu Shikufa (Luiperds)
19 Johan Luttig (FNB Grootfontein)
20 Wian Conradie (New England Free Jacks, VSA)
21 AJ Kearns (FNB Unam / Budowlani Lublin, Pole)
22 André van der Berg (US Limoges, Frankryk)
23 Jurgen Meyer (FNB Wanderers)

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article