• Home
  • Sport
  • Spelers gee hul beste by Rössmund
Pryswenners van laas Saterdag se Medixx-toernooi by Ru00F6ssmund was van links Liviu Enache, Rudi Auseb junior, Jean du Toit, Lukas Steven, Helmut Ndjendja, Mark Jacobs en Steven Johns. Foto verskaf
Pryswenners van laas Saterdag se Medixx-toernooi by Ru00F6ssmund was van links Liviu Enache, Rudi Auseb junior, Jean du Toit, Lukas Steven, Helmut Ndjendja, Mark Jacobs en Steven Johns. Foto verskaf

Spelers gee hul beste by Rössmund

Gholf
Andrew Poolman

Rössmund Gholfklub het Saterdag die derde toernooi in die reeks van drie, geborg deur Medixx Occupational Health Services, aangebied.

Spelers moes nogal kophou met die formaat vir die dag – medalje vir die eerste nege putjies en stableford vir die laaste nege. Toestande was gunstig vir gholf en ‘n goeie getal spelers het deelgeneem.

Mark Jacobs en Fritz Coetzee het voëltjies op syfer-drie putjie behaal. Pryse vir houe naaste aan die pen is aan Steven Johns (putjie 7) en Rudi Auseb junior (putjie 12) toegeken.

Die algehele wenner Lukas Steven (12) het agterna vertel dit was asof hy nie ‘n voet verkeerd kon sit nie. Tweede was Mark Jacobs (15) en danksy die uittel is Jean du Toit (17) derde voor Helmut Ndjendja geplaas.

Die laaste toernooi in die Medixx-reeks sal op 14 November as deel van die klub se jaarlikse Pienk Bal-gholfdag gehou word, met die formaat vierspel.

• Sondag is Rössmund se maandelikse Sages met steun van die borg Thovo Therm (Tommy Zwar) aangebied.

Voëltjies op syfer-drie putjies is deur Grant Theu (‘n besoeker van Johannesburg), Mark Jacobs en Rory Wolhuter aangeteken.

Pryse vir houe naaste aan die pen is beklink deur Grant Theu (putjie 4, met twee houe), Mark Jacobs (putjie 7), Grant Theu (putjie 12) en Rory Wolhuter (putjie 16).

Die wenners was Heidi van Niekerk (eerste met 39 punte), Achmet Abrahams (38, tweede) en Mark Jacobs (37) en Grant Theu (36).

Comments

Namibian Sun 2026-09-16

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment