• Home
  • Sport
  • Otja en Geraldine kry United se trofeë vir 2025

Otja en Geraldine kry United se trofeë vir 2025

Rugby
Andrew Poolman
Die jong loskopstut Otja Auala is as Trustco United se senior sportman van die jaar aangewys toe die rugbyklub in Olympia die naweek sy jaarafsluiting afgehandel het.

Auala het in Julie vanjaar sy senior toetsdebuut tydens die Rugby Afrika-bekertoernooi in Uganda gemaak.

Die woelige losvoorspeler Thehard Lintvelt was ook prominent onder die pryswenners. Die lenige agtsteman is as speler van die jaar vereer, asook as die spelers se speler van die jaar.

Lintvelt en sy kaptein JD Nel, wat soms as senter óf losvoorspeler ingespan is, het gesamentlik die meeste drieë vir die seisoen gedruk, naamlik agt.

Ander pryswenners vir United-rugbyklub se mans:

Junior sportman van die jaar: Soobramoney Sammy (Namibië o.20-vleuel).

Klubman van die jaar: Hanreco van Zyl.

Grootste duikslag van die jaar: Feddy Mazila.

Mees waardevolle eerstespan-speler: DJ Holtzhausen.

Mees waardevolle tweedespan-speler: Sven Albrightson.

Eerste span, beste agterspeler: Keanan Januarie.

Eerste span, beste voorspeler: Johan Brockman.

Tweedespan, beste agterspeler: Joshua Moller.

Tweedespan, beste voorspeler: Kauee Kuhanga.

Eerste span, meeste toewyding: Enrique Husselmann.

Second team, meeste toewyding: Wilfred Kakujaha.

Eerstespan, beste verdediger: DJ Holtzhausen.

Tweedespan, beste verdediger: Aydan Angermund.

Eerstespan, beste vordering: Kristopher Peacock.

Tweedespan, beste vordering: Kauee Kuhanga.

Tweedespan, beste vordering van junior speler (klublid vir twee jaar of minder): Aydan Angermund.

Afrigter van die jaar: Danie Vermeulen.

Spelers se bestuurslid van die jaar: Bernice Döman.

Ondersteuner van die jaar: Soobramoney Sammy Senior.



VROUERUGBY

Die United Gemsbokkies se sportvrou van die jaar is Geraldine Louw, wat ook as afrigter van die jaar vereer is.

Die speler van die jaar was skrumskakel Mbitjita Matuzee, wat met nog twee gesogte pryse weggestap het – spelers se speler van die jaar, asook die beste verdediger.

Ondersteuner van die jaar: Meisie Fuchs.

Beste vordering: Tishina Basson.

Mees toegewyde speler: Sade Langendorf.

Beste agterspeler: Selma Paulus.

Beste voorspeler: Rhevonne de Klerk.

• Die spanne in blou het ook ‘n emosionele afskeid geneem van drie ervare lede van sy afrigterskorps, wat hul besluit te kenne gegee het om ‘n blaaskans van rugby-afrigting te neem, ná jare se belegging van passie en ondervinding as spelers én afrigters van United.

Die drietal is die klub se direkteur van rugby in 2025, Robbie Dickson; die agterlyn-afrigter en uitgetrede skrumskakel Pieter Jansen van Vuuren, en die staatmaker van vrouerugby, Geraldine Louw.

Comments

Namibian Sun 2025-10-22

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment