NPL Bears staan op van ‘slaansak’ tot kampioene
Krieket
Die NPL Bears (ondersteun deur Nutritional Performance Labs Namibia) is laat Sondagmiddag as die kampioenspan van Krieket Namibië se 2025 Franchise T20-reeks in Windhoek bekroon.
Ná Saterdag se voorlaaste rondte was drie uit die vier spanne nog gelyk met ses ligapunte elk geplaas en met ‘n lewendige kans gehad om die trofee in te palm,
Die NPL Bears, onder die kapteinskap van Gerhard Erasmus, het uiteindelik die louere voor Malan Kruger se Pupkewitz Wildcats weggeraap danksy ‘n beter netto kolftempo, afgesien van die feit dat hulle ook die twee spanne se direkte ontmoeting Saterdag met ‘n enkele lopie gewen het.
Gerhard Erasmus is as die speler van die toernooi, asook die topkolwer van die toernooi bekroon. In sy ses kolfbeurte het die nasionale spankaptein die enigste honderdtal (134* van 66 balle) opgestapel en met die meeste lopies geëindig (242) teenoor die ander toptien lopiemasjiene Dylan Leicher (219), Jan Frylinck (218), JJ Smit (204), Lohan Louwrens (193), WP Myburgh (166), Ruben Trumpelmann (155), Zane Green (154), JP Kotzé (131) en Zacheo Janse van Vuuren (128).
Louwrens en Myburgh was spanmaats van Erasmus, terwyl die ander lede van die NPL Bears se wenspan Niko Davin, Handre Klazinga, Waldo Smith, Jack Brassell, Ben Brassell, Tangi Nuuyoma, Shaun Fouché, Juan Viljoen, Erik Lintvelt, Addi Iita en Bernard Scholtz was.
HOËR STANDAARD
Genooide spelers uit Suid-Afrika soos Leo Sadler, Ruan van Rooyen, Sam Wearne en ander van krieketakademies in Pretoria het bygedra om die standaard van die toernooi hoër te druk.
Erasmus het gister aan Sport Wrap gesê: “Die goeie kolfblad, fasiliteite en atmosfeer by die nuwe FNB Namibië Krieketstadion dra by om die denke en die standaard van die franchise-reeks spesiaal te maak.
“Ideaal sal ons vorentoe selfs meer genooide spelers in die reeks wil sien, maar die standaard van die franchise-reeks was reeds hoër as die vorige keer.
“Die eienaars van die spanne het ook vanjaar ingekoop en was baie betrokke. Hulle het die wedstryde bygewoon en was opgestel vir ‘n gesellige kuier.
“Ons span was op papier nie noodwendig die beste nie, maar ons het op die regte tye goed gespeel. Op die eerste naweek het ons in twee wedstryde 210 lopies of meer afgestaan en dit het gelyk of ons ‘n slaansak kon wees, maar toe wen ons drie uit drie op die laaste naweek. Twee groot oorwinnings het ons netto kolftempo reeds opgestoot afgesien van die wen teen die Wildcats.”
GIFTIGSTE BOULER
Leo Sadler (Pupkewitz Wildcats) is as die toernooi se voorste bouler bekroon. Sadler se 13 paaltjies in 24 boulbeurte (beste 3/26) was die meeste van enige bouler, wat hom voor Dylan Leicher (11 paaltjies), Gerhard Erasmus en Max Heingo (elk 10 paaltjies), Ruan van Rooyen (9 paaltjies) en WP Myburgh (8 paaltjies) geplaas het.
In Sondagmiddag se bepalende laaste wedstryd van die toernooi is Sadler ook as speler van die wedstryd bekroon in die Pupkewitz Wildcats (197/6) se oorwinning met 24 lopies teen die Paratus Jets (173/8).
Sadler het vier viere en vier sesse geslaan op sy pad na 56 van 27 balle, voordat hy sy kolfbeurt ook met ‘n boulvertoning van 2/38 in 4 boulbeurte opgevolg het.
SONDAGOGGEND
NPL Bears (196/4) klop Eavion Eagles (144 almal uit) met 52 lopies.
Speler van die wedstryd: Lohan Louwrens (NPL Bears) 65 van 51 balle (3x4 4x6).
Vir die Bears het Niko Davin (46 van 29 balle; 5x4 2x6) en Gerhard Erasmus (60 van 28 balle; 3x4 5x6) ook tot hul groot totaal bygedra.
Die Eagles se grootste weerstand is deur Michael van Lingen (41 van 31 balle; 4x4 2x6) gelewer.
SATERDAGMIDDAG
NPL Bears (153/8) klop Pupkewitz Wildcats (83 almal uit in 13.5 bb) met 82 lopies.
Speler van die wedstryd: Gerhard Erasmus (NPL Bears) 5/20 in 4 boulbeurte (16 leë balle).
Die Bears was in die moeilikheid op 13/3 nadat hulle hul kaptein WP Myburgh (1), Niko Davin (1) en Erasmus (0) verloor het, almal binne die eerste vier boulbeurte.
Lo-han Louwrens (80 van 47 balle) het egter met vier viere en sewe sesse sy vernuf gewys– en het ook 'n kolfmaat gevind in Shaun Fouché wat onoorwonne gebly het op 45* (29 balle; 3x4 1x6).
Die Wildcats het tot 'n rampspoedige 29/6 getuimel nadat Erasmus toegeslaan het om al hul top vier kolwers – Jan Frylinck (0), Malan Kruger (agt), JP Kotzé (15) en Dylan Leicher (4) – uit te haal voordat hy later vir Fungayi Hlupo (0) as sy vyfde paaltjie bygevoeg het.
Die regterarm-draaibouler WP Myburgh (3/14 in 2.5 boulbeurte) het ook die einde van PD Blignaut (20), Dan Brassell (13) en Max Heingo (0) bewerkstellig.
SATERDAGOGGEND
Eavion Eagles (130/7) klop Paratus Jets (129/9) met een lopie.
Die Eagles se totaal het nie buite bereik gelyk nie, met Michael van Lingen (29 van 35 balle; 2x4 1x6) en kaptein JJ Smit (26 van 19; 2x6) die enigste kolwers wat daarin geslaag het om die tou met enige sesse te slaag.
Ben Shikongo (1/16 in 4 boulbeurte), Sam Wearne (2/20 in 4) en Francois du Plessis (2/3 in 1 boulbeurt) het almal minder as 6 per boulbeurt vir die Jets afgestaan.
Die Jets se top-puntemakers was Jan-Izak de Villiers (24 van 20), Zane Green (29 van 27) en Marcus Bakker (36 van 27), maar dit was die Eagles se lang draaibouler JC Balt wat die speler van die wedstryd-toekenning met 3/23 in 4 boulbeurte verower het.
Die Jets moes 8 lopies aanteken van Ruben Trumpelmann se laaste boulbeurt, maar die blonde blitsbouler het twee loslootjies afgestaan, toe 1 en 2, voordat Michau du Preez vir Francois du Plessis uitgehardloop het. Trumpelmann het Wearne toe deur Van Lingen laat uitvang, en van die laaste bal af kon die nuwe kolwer Ben Shikongo net vir een loslootjie deurhardloop.
VRYDAGMIDDAG
NPL Bears (159/7) klop Paratus Jets (155/5) met drie paaltjies. Die speler van die wedstryd Waldo Smith, nommer agtkolwer vir die Bears, teken 51 van 48 balle aan (4x4 2x6).
VRYDAGOGGEND
Pupkewitz Wildcats (168/5) klop Eavion Eagles (130 almal uit in 19.1 bb) met 38 lopies. Speler van die wedstryd: Jan Frylinck (Pupkewitz Wildcats) 50 van 37 balle; 7x4 1x6)

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article