Members Cup-trofee kry staanplek
Omeya Gholfklub het Vrydag en Saterdag die jaarlikse Members Cup-finaal aangebied. Gedurende 2025 tot 2026 kon spelers deur agt rondtes kwalifiseer vir een van die twee spanne van 12 spelers elk (Huiseienaars teen Klublede). Die kompetisie was straf met die Huiseienaars wat die toernooi teen die Klublede met 16.5 punte teen 13.5 gewen het. Die organiseerders bedank al die borge, King Price Namibia, Leojo Chemicals, Namib Diesel, ACT Logistics, FNB Namibia, Strymar Trading, Zebra Trailers and Supa Quick. Die Huiseienaars se wenspan was Frikkie le Grange, Abrie van Wyk, Riaan Schwartz, Paul Verburg, Dieter Schrywer (kaptein), Cobus de Klerk, Craig Bassingthwaite, Alroy Schumann, Jaco van Reenen, Alaric Britz, Chris Harwin, Leonard Beukes en Gareth Howard. Foto verskaf



Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article