Meer steun vir enduro-ryers

Motorfietssport
Tielman Van Lill
Die sesde rondte van die nasionale Namibiese Enduro-motorfietskampioenskap is Saterdag opnuut by Yellowstone naby die Avisdam oos van die hoofstad beslis.

SatCom en Roland Fisioterapie was die twee borge wat die kompetisie bykomende woema gegee het.

Die Namibiese Enduro-klub spreek sy opregte waardering uit teenoor twee van sy gewaardeerde borge vir hul ondersteuning en toewyding aan die sport.

“Roland Fisioterapie, geleë in die Katolieke Hospitaal, het waardevolle geskenkbewyse vir ons nuutste byeenkoms geborg. Ons bedank hulle vir hul bydrae tot die welstand van ons deelnemers en hul betrokkenheid by die Enduro-gemeenskap.

“SatCom, die trotse borg van ons gevorderde transponderstelsel, het ook uit hul pad gegaan om ons te ondersteun. Hulle het die stelsel opgegradeer en dit oorgedra na ons nuwe skootrekenaar – alles volledig en kosteloos. Hierdie bydrae verseker dat ons tydhou- en uitslagstelsel op die hoogste standaard funksioneer.

“Baie dankie aan Yellowstone Trails dat ons vir die tweede keer vanjaar ‘n kompetisie by julle kon aanbied. Dit word opreg deur die deelnemers en die klub waardeer.”

Saterdag se voorste uitslae:



Klas 2

1 Quinton van Rooyen (3 ure 6 minute 10 sekondes)

2 Corné Visser (3:14:12)

3 Heiko Stranghöner (3:15:21)

4 Stuart Pearce (3:19:55)

5 Gunther Gladis (3:26:42)



Klas 5

1 Sean Kemp (2:38:04)

2 Kai Hennes (2:47:29)

3 Arne Fischer (2:57:51)

4 Ronald Geiger (3:08:33)

5 André Steinfurth (3:11:52)



Klas 7

1 Dean Schlechter (2:22:21)

2 André Barnard (2:22:47)

3 Holger Barth (2:38:10)

4 Jens Rubow (2:45:21)

5 Heino Windisch (2:53:36)



Klas 10

1 Harry Kibble (1:47:48)

2 Alex Steinfurth (1:49:08)

3 Stefan Gräber (1:50:04)

4 Carsten Roland (1:55:07)

5 Pieter van Helsdinger (1:55:55)



Klas 11

1 Cody Heigan (1:16:16)

2 Llewelyn van der Westhuizen (2:07:08)

3 Johannes van der Westhuizen (2:18:33)

4 Jean van der Westhuizen (2:18:40)



Vroue-ontwikkelingsklas

1 Shannon Gräber (1:27:30)

2 Maike Bochert (1:52:54).



Die topvyf deelnemers per kategorie ná ses byeenkomste:

Klas 2: 1 Quinton van Rooyen (120 punte), 2 Corné Visser (100), 3 Heiko Stranghhöner (65), 4 Jörn Greiter (54), 5 Nickle Visser (51).

Klas 5: 1 Sean Kemp (115), 2 Kai Hennes (86), 3 Gernot Bahr (54), 4 Hanré Myburgh (39), 5 Rian Kritzinger (34).

Klas 7: 1 Dean Schlechter (89), 2 Kilian Ham (84), 3 André Barnard (74), 4 Jens Rubow (48), 5 Holger Barth (39).

Klas 10: 1 Vincent Griebel (87), 2 Tristiaan Prinsloo (73), 3 Bobby Griebel (58), 4 Harry Kibble (42), 5 Schalk du Plessis (40).

Klas 11: 1 Llewelyn van der Westhuizen (104), 2 Jean van der Westhuizen (78), 3 Johannes van der Westhuizen (77), 4 Cody Heigan (40), 5 Cedrick Wilckens (17).

Vroue: 1 Maike Bochert (105), 2 Shannon Gräber (100).

[email protected]

Comments

Namibian Sun 2025-08-06

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment