Kudus II werk hard om kampioen te bly
Klubrugby
Die afstand wat die skeidsregter in die 80 minute gehardloop het, spreek van die aksiebelaaide aard van die reserweligafinaal.
Die Namibië Rugbyunie (NRU) se reserweligafinaal is Saterdag teen ‘n uitmergelende tempo gespeel, met altesame 90 punte wat in die 80 minute opgestapel is.
FNB Kudus se tweedespan het uiteindelik met 49-41 teen FNB Unam II geseëvier. Met rustyd het die twee finaliste mekaar op 27-27 beet gehad.
Skeidsregter Johre Botha sê sy GPS-syfers agterna het aangedui dat hy 21.3 kilometer gedurende die wedstryd gehardloop het. Volgens hom het hy tevore as skeidsregter meer as 25 kilometer gemeet tydens ‘n skolewedstryd in Suid-Afrika.
Botha sê: “Ná omtrent 21 minute van die eerste helfte, toe Kudus ‘n drie druk om die telling 19-12 in Unam se guns te maak, het ek op my horlosie gekyk en gedink dis seker nou rustyd. Toe was ek al lekker moeg.”
Die meedoënlose tempo van die reserweliga-eindstryd het op perfekte wyse die tafel gedek vir die NRU premierligafinaal wat onmiddellik daarna afgeskop het. Die Walvisbaaiers se vasberadenheid om hul skare reisende ondersteuners in die Hage Geingob-stadion se harte te verbly, was onmiskenbaar.
Dit was ‘n heuglike dag vir Kudus – wat nie net die reserweliga-trofee van 2024 suksesvol verdedig het nie, maar in sy eerste verskyning in die premierliga-finaal ook die kampioen FNB Wanderers se onoorwonne seisoen bederf het.
Een van die vele uitstaande hoogtepunte tussen die tweedespanne was die Unam-losskakel Cejay Coetzee se goed gemikte dwarsskop wat ná ‘n drie vir sy regtervleuel Faustinus Haingura geskep het.
Die kusspan het agt drieë teen ses gedruk, maar vanweë hul onakkurate doelskoppogings kon hulle die uitdaging van die studente nooit 'n vroegtydige doodskoot gee nie.
Die Kudus-spanne het drie opeenvolgende naweke in Windhoek kom speel – hierdie keer sonder hul beseerde losskakel/senter en stelskopper Scott Winborn wat in die semifinaal teen FNB Wanderers 'n stamp teen die kop gekry het.
Die agt drieë vir Kudus se wenspan is deur die agtsteman Thiaan Arangies, haker Roberto Lensley, vleuel Algirnon Kolz (2), heelagter Giovanni Isaacs, senter Nando Dentlinger (2) en reserwestut Cliffie Cowley aangeteken. Losskakel Nathan Isaacs het met twee doelskoppe en ‘n strafdoel geslaag en skrumskakel Kenan Walters met een doelskop.
Aan Unam se kant het die vleuels Vincenzo Gowaseb en Faustinus Haingura, agtsteman Paulus Hangula, losskakel Cejay Coetzee, skrumskakel Cameron Klassen en senter Brandon Dentlinger drieë gedruk. Coetzee was in die kol met een strafdoel en vier doelskoppe.
Op sosiale media het Kudus se agtsteman Thiaan Arangies vooraf aangekondig dat die wedstryd sy laaste sou wees, omdat hy meer tyd met sy gesin wil bestee. Hy het die klub en sy spanmaats vir die kamaraderie, gedeelde drome en uitdagings bedank. Arangies het die veld ná 25 minute met ‘n besering verlaat.

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article