• Home
  • Sport
  • Juniors leer spoed en presisie by Zwartkops

Juniors leer spoed en presisie by Zwartkops

Renstelle
Tielman Van Lill
Drie Namibiese rensteljaers het die afgelope naweek in Suid-Afrika aan die Formule K Rotax-kampioenskap deelgeneem en kompeterende uitslae by die Zwartkops-renbaan in Benoni behaal.

Russell Josephat het sesde in die Bambino-klas (ouderdomme vyf tot agt jaar) geëindig, terwyl Nand Kaiyamo en Mandume Kaiyamo onderskeidelik negende en 14de in die Mini Max-klas klaargemaak het.

Met die uitdagende tegniese uitleg van bane in Suid-Afrika, gekombineer met strawwe kompetisie van die jaers daar, is die Namibiërs se prestasie beslis iets om oor opgewonde te wees.

Die kennis wat die toekomstige kampioene opgedoen het, sal hulle in die Namibiese renstelkampioenskap handig te pas kom.

Russell se pa JP vertel: “Ons het albei sy enjins Woensdag en Donderdag verloor en was op die punt om te onttrek, maar ons enjinbouer het met ‘n mededinger gepraat om vir ons 'n enjin te leen. Van toe af kon ons ons vorige ervaring gebruik en dinge laat werk. Uit oefenren 3 tot 5 word jou beste tyd gekies en so kwalifiseer Russell toe uiteindelik derde-beste (ons beste kwalifisering nog in die SA kampioenskapsreeks).

“Op resiesdag Saterdagoggend het Russell dus derde weggespring, maar ongelukkig het hy nie goed begin nie en het drie ryers laat verbygaan en was dus sewende om die eerste draai.

“Hy het wel geslaag om een posisie terug te wen, maar dit was te laat en hy eindig sesde met 'n beste tyd van 41.92, om eerste te begin in uitdun 2.

“Uitdun 2 was die hoogtepunt van die naweek toe hy die eerste draai in die tweede posisie bereik het, maar hy het hard geveg om weer voor te wees en vir nege baanrondtes was hy die voorloper, totdat hy van die baan gestamp is en dus negende klaargemaak het.

“In uitdun 3 het hy vyfde begin. Kort na die wegspring het hy heelwat posisies verloor toe hy gestamp is, maar hy het met presisie gery om sesde te eindig.

“Sy algehele sesde eindposisie is dieselfde as wat ons by die eerste twee SA kampioenskapsbyeenkomste behaal het.”

Ter opsomming van die naweek het Rotax Suid-Afrika gesê: “Dit was 'n opwindende derde ronde van die RMC Suid-Afrikaanse renstelkampioenskap. Met meer as 100 jaers in aksie, was die mededinging uit die boonste rakke.

“Baie geluk aan die topses jaers in elke klas en baie dankie en welgedaan aan al die Rotax-jaers wat hul alles by die byeenkoms gegee het. Jul toewyding en passie het vir 'n skouspelagtige vertoning gesorg en ons kan nie wag om julle almal weer vir die nasionale finaal op Zwartkops einde Augustus te sien nie!”

[email protected]

Comments

Namibian Sun 2024-10-23

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Premier League: Nottingham Forest 1 vs 0 Crystal Palace | Liverpool 2 vs 1 Chelsea | Wolves 1 vs 2 Manchester City LaLiga: Valencia 2 vs 3 Las Palmas | Barcelona 5 vs 1 Sevilla | Villarreal 1 vs 1 Getafe | Atletico Madrid 3 vs 1 Leganés | Mallorca 1 vs 0 Rayo Vallecano SerieA: Hellas Verona 0 vs 3 Monza | AS Roma 0 vs 1 Inter Milan | Cagliari 3 vs 2 Torino | Venezia 0 vs 2 Atalanta | Lecce 0 vs 6 Fiorentina | Empoli 0 vs 1 Napoli European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 1 vs 1 Coventry City | Stoke City 2 vs 2 Bristol City | Sheffield Wednesday 0 vs 0 Swansea City | Preston North End 2 vs 2 Norwich City | Oxford United 1 vs 1 Derby County | Leeds United 2 vs 1 Watford | Cardiff City 2 vs 0 Portsmouth | Hull City 0 vs 1 Sunderland English Championship: Queens Park Rangers 1 vs 1 Coventry City | Stoke City 2 vs 2 Bristol City | Sheffield Wednesday 0 vs 0 Swansea City | Preston North End 2 vs 2 Norwich City | Oxford United 1 vs 1 Derby County | Leeds United 2 vs 1 Watford | Cardiff City 2 vs 0 Portsmouth | Hull City 0 vs 1 Sunderland #N/A Currency: GBP to NAD 22.95 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.78 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.11 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 133.25 | USD to AOA 909.05 | USD to BWP 13.35 | USD to EGP 48.71 | USD to KES 129.18 | USD to NGN 1639.34 | USD to ZAR 17.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1858.99 Down -0.43% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14118.36 Up +0.23% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30414.05 Down -0.04% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 718.00/OZ DOWN -0.0104 | Copper US$ 4.31/lb DOWN -0.0135 | Zinc US$ 3 164.50/T DOWN -0.18% | Brent Crude Oil US$ 75.30/BBP DOWN -0.0063 | Platinum US$ 1 018.55/OZ DOWN -0.0106 #N/A