• Home
  • Sport
  • Harde val in Italië haal Surén uit
Mediese personeel by die UCI-wu00EAreldkampioenskap in Val di Sole, Italiu00EB, gee aandag aan Roger Suru00E9n van Namibiu00EB nadat hy gister kort nu00E1 die o.23-mans se wegspring in u2019n ongeluk betrokke was. Foto verskaf
Mediese personeel by die UCI-wu00EAreldkampioenskap in Val di Sole, Italiu00EB, gee aandag aan Roger Suru00E9n van Namibiu00EB nadat hy gister kort nu00E1 die o.23-mans se wegspring in u2019n ongeluk betrokke was. Foto verskaf

Harde val in Italië haal Surén uit

Bergfietsry
Andrew Poolman

Roger Surén se groot hoop om nóg ’n topprestasie op wêreldvlak te lewer, is Sondagoggend verydel toe die Namibiër kort ná die wegspring van die o.23-mans se veldren by die UCI-bergfietsrywêreldkampioenskap in Val di Sole, Italië, in ’n hoëspoedongeluk betrokke was.

Surén het ’n hou teen die kop opgedoen en is vir waarneming na die hospitaal geneem, waar ook bevestig is dat hy ’n fraktuur in sy linkersleutelbeen opgedoen het.

As die silwermedaljewenner in die junior mansveldren by verlede jaar se UCI-wêreldkampioenskap in Switserland, was die Namibiër optimisties om ook sy internasionale vermoëns in die volgende ouderdomskategorie te bewys.

Volgens die Namibiese fietsryafrigter Hans du Toit was die 18-jarige Surén gister, ten spyte van die teleurstellende uitkoms, in ’n goeie bui.

“Hy is teleurgesteld, maar hy aanvaar dit as deel van fietsry. Roger sal (Maandag) terugvlieg na België waar sy professionele span (Alpecin-Premier Tech se ontwikkelingspan) klaar reëlings begin tref het dat hy die regte behandeling sal ontvang,” het Du Toit laat weet.

Die o.23-wêreldtitel is uiteindelik deur Nael Rouffiac van Frankryk beklink, met sy landgenoot Alix Andre Gallis wat nege sekondes later die silwermedalje voor Nicolas Halter van Switserland weggeraap het.

Massimiliano Ambrosi (38ste) van Suid-Afrika was die eerste Afrika-ryer oor die eindstreep, uit die 77 van 38 lande wat weggespring het vir die o.23-mansresies oor 26 km (sewe baanrondtes).

Comments

Namibian Sun 2026-09-12

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment