Gunstelinge maak stem dik in JSB Gold Cup
Klubrugby
Danksy hul groter punteverskil het FNB Kudus uit die staanspoor die voortou op die puntelys van die nuwe kompetisie geneem.
Namibiese klubrugby het die naweek kragtig teruggekeer met die afskop van die JSB Gold Cup en Silver Cup, moontlik gemaak deur hoofborg JSB Sports Betting.
Die openingsrondte het vir vonkelende aksie gesorg, met FNB Unam wat in Windhoek ‘n indrukwekkende oorwinning met 40-35 teen FNB Grootfontein behaal het. Ondanks ‘n afnaweek vir hul nasionale staatmakers het beide Unam en FNB Wanderers gemaklike oorwinnings behaal.
Unam het vroeg die voortou geneem toe senter Rashano van Rooi oor die doellyn geduik het vir die eerste drie van die wedstryd. Die studente het dit opgevolg met verdere drieë in die eerste helfte deur AJ Zaahl (wat skrumskakel in die plek van die afwesige AJ Kearns gespeel het), vleuel Don Juan Beukes, en senter Brandon Dentlinger, wat hul voorsprong goed gevestig het voor rustyd.
Grootfontein het teruggekap met ‘n drie deur hul kaptein en haker Wikus Jacobs, terwyl vleuel Uroél Marais ‘n strafskop deur die pale gesit het. Een van die hoogtepunte van die wedstryd was ‘n skepdoel deur Grootfontein se senter Franklin Busch, wat ook twee strafdoele behaal het.
Dhaamin Bassardien het ook ‘n drie gedruk om Grootfontein nader te bring, maar Unam se momentum het die deurslag gegee met verdere drieë deur slot Kistings Minyoi en vleuel Faustinus Haingura.
Unam se kaptein, die flank Rowan Jansen, het ná die wedstryd gesê: “Dis lekker om weer te kan speel – plaaslike rugby is terug en ons is bly. ‘n Groot dankie aan JSB-Sports Betting wat dit moontlik maak.
“Hierdie oorwinning is ‘n goeie begin vir ons. In die NRU premierliga was dit regtig moeilik en ons het gesukkel met uitslae, maar hierdie wen gee ons ‘n nuwe begin en ons kan van hier af bou. Ons is gereed om mee te ding.”
Grootfontein se kaptein Wikus Jacobs, wat opnuut ‘n invloedryke wedstryd gespeel het, het gesê:“Ek is baie teleurgesteld oor die nederlaag, maar krediet aan Unam; hulle het elke fout van ons uitgebuit. Ons sal hergroepeer en kyk waar ons kan verbeter, want dit raak net moeiliker van hier af.”
Kudus draai krane oop
Op Walvisbaai het FNB Kudus gewys hoekom hy in die eerste helfte van die seisoen die NRU premierliga vir die eerste keer gewen het, deur vir Trustco United met 43-14 te verslaan.
Die kusspan het met tye vonkelende rugby opgedis op hul pad na sewe drieë en volpunte op die puntelys. Ondersteunende spel en goeie hardlooplyne van hul aanvallers het die Filistyne gereeld oorhoops gejaag.
Vleuels Lucio Isaacs en Aston Mukwiilongo, senter Tonderai Ndudzo, agtsteman Ja-Tamson van der Berg (twee), flank Franco Vries en stut Cliffy Cowley was die driedrukkers, terwyl losskakel Michael Koopman (drie doelskoppe) en heelagter Aurelio Plato (een doelskop) vanaf die skopringetjie geslaag het.
Vir United het agtsteman Thehard Lintvelt en vleuel Jandre Esterhuyzen drieë gedruk, wat beide deur losskakel DJ Holtzhausen verdoel is.
Volpunte vir Wanderers
FNB Wanderers was op sy tuisveld in Pionierspark meestal in beheer van sy wedstryd teen ‘n moedige FNB Rehoboth, ondanks die kleinerige punteverskil van 43-37.
Aan Wanderers se kant was Irongwa Atshivudhi op heelagter ‘n aanwins, wat tevore vir FNB Grootfontein en FNB Kudus naam gemaak het. Hy het die eerste drie van die dag gedruk, nadat hy op sy eie doellyn onderskep en deurgenael het.
Die Wit Hingste het die maksimum van twee bonuspunte behaal met sewe drieë, wat benewens Atshivudhi (2) ook deur linkervleuel Nico Maartens, regtervleuel Vivean Gowaseb (tevore van Rehoboth), agtsteman Sheron Rossouw, haker Edward Drotsky en reserwestut Iyambo Tshuuya gedruk is. As losskakel het Kian Fransman met vier doelskoppe geslaag.
Aan Rehoboth se kant het vyf drieë verseker dat hulle ondersteuners baie moed kon skep. Die Rooi Bulle was rustyd net met 20-24 agter en het kort daarna vir ‘n wyle die voortou geneem met die volgende drie.
Vleuel Manfred Garoeb, flanke Deevan Mathys en Keynnen Basson, slot Chase Diergaardt en haker Titus Mathias het drieë gedruk om te wys dat die Rooi Bulle nooit onderskat kan word nie. Miquel Busch het twee doelskoppe en drie strafdoele bygevoeg.
• Met die JSB Gold Cup en Silver Cup nou volstoom aan die gang is, kan rugbyliefhebbers uitsien na nog meer opwindende plaaslike aksie in die komende weke.
• Volledige uitslae op bladsy 2.

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article