Fietsspan op pad na Thaba Trials
Stewige getalle inskrywings uit Suid-Afrika en selfs twee elite-ryers van Israel het vir puik kompetisies gesorg by die afgelope twee naweke se Rock & Rut bergfietsreeksbyeenkomste, eers by Towerbos en toe Saterdag by IJG Trails in Kleine Kuppe.
Die nasionale fietsry-afrigter Hans du Toit en ‘n groep van 26 jong ryers vertrek vandag na Gauteng waar hulle komende naweek by die Thaba Trials-baan in die Suid-Afrikaanse Bekerreeks se tweede byeenkoms in die kortbaan- (XCC) en Olimpiese veldresiese (XCO) gaan meeding.
Volgens Du Toit berei die jeugdige span onder meer voor vir die kwalifiserende pad na die 2028 Los Angeles Olimpiese Spele.
Du Toit sê Roger Surén het by IJG Trials bloot ter ondersteuning van die byeenkoms gery ondanks ‘n sinusoperasie in die voorafgaande week, voordat Surén hom in Europa by die beroepspan Alpecin Premier Tech gaan aansluit. Du Toit is dus nie bekommerd dat Surén nie klaargemaak het in die elite mansresies wat deur die gedugte Michael Forster van Suid-Afrika gewen is nie.
Die reisende fietsryers na Gauteng is Mike Baartman, Linn Lambert, Ilse-Monique van Zyl, Dawie Greeff, Hendrik Baartman, Delsia Janse van Vuuren, Theodor Janse van Vuuren, John-Pierre (JP) Lambert, Roger Surén, Franco Thiel, Arthur Allain, Micah Chase, Marco Thiel, Patrick von Kunow Francois van Zyl, Christiaan van der Westhuizen, Qara Volschenk, Nicole Surén en Rosemarie Thiel.



Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article