Eagles vee Kenia en Nigerië uit die pad
Krieket
Namibië se krieketspan het soos verwag op die wenpad gebly ná sy eerste twee wedstryde by die ICC T20 Wêreldbeker 2026 se uitduntoernooi vir Afrika-spanne in Harare, Zimbabwe.
Gerhard Erasmus se FNB Eagles het gister opnuut ‘n reusetotaal van 235/6 opgestapel om Nigerië (118/9) met 117 lopies te oorrompel.
Die speler van die wedstryd was Jan Frylinck, wat as aanvangskolwer goed op dreef is en wat gister 134 lopies van 65 balle aangeteken het met 15 viere en ses sesse.
Frylinck het bygedra tot ‘n 132-vennootskap om die tweede paaltjie met die nuweling Louren Steenkamp, wat sy eerste internasionale T20-vyftigtal behaal het (51 van 27 balle; 4x4 2x6).
In Nigerië se kolfbeurt het Nicol Loftie-Eaton 3/24 in 4 boulbeurte geneem; Jan-Izak de Villiers 2/19 in 4 en Bernard Scholtz 2/22 in 4.
• Die Eagles het sake Vrydag met nog ‘n wegholsege met 136 lopies teen Kenia geopen.
JJ Smit was die speler van die wedstryd met sy eerste honderdtal in ‘n internasionale T20-wedstryd. Smit het 111 nie uit nie van net 39 balle gemoker, met sy vyftigtal van 20 balle en sy honderdtal van 37 balle. Hy het 12 viere en sewe sesse geslaan. Frylinck het ondersteun met 33 van 17 balle (6x4).
• Die FNB Eagles het een wedstryd in groep A oor (Dinsdag teen Malawi), voor die semifinale Donderdag en die eindstryd twee dae later.

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article