Die Gus kap vas by Henties

Hengel
Tielman Van Lill
Die gekose vroue- en manshengelaars van die Namibiese Strandhengelvereniging (NSAA) is opnuut slaggereed om vandeesweek hul stempel teen hul teenstanders van Suid-Afrika af te druk.

Die jaarlikse Gus Köllner-hengeltoernooi tussen Namibië en Suid-Afrika vind vanaf môre op die strande suid en noord van Hentiesbaai plaas.

Suid-Afrika het in 2024 die kompetisie gewen waarvan die aanbieding tweejaarliks tussen die twee lande roteer.

Die uiters gewilde byeenkoms word oor drie strawwe dae beslis, waar die twee lande se tophengelaars in dié toetsreeks mekaar in ses afdelings sal pak.

Die hoeveelheid kilogram vis (eetbaar en oneetbaar) wat elke hengelaar gevang het, bepaal die punte in gelyke maat, met ander woorde 100 kilogram beteken 100 punte.

Verlede jaar se voorste individuele presteerders en wenners was soos volg:



Meestersmans

Topdrie: 1 Wimpie Barnard (SA, 233.1 punte), 2 Greg Coetzer (SA, 178.6), 3 André Bezuidenhout (NAM, 143.4).

Suid-Afrika (691.3 punte) klop Namibië (422.4) vir ‘n welverdiende oorwinning.

Wimpie Barnard se vroulike bronshaai (79.6 kg) was die swaarste.



Vroue

Topdrie: 1 Mariette Westraad (SA, 201.4), 2 Lezelle Smit (NAM, 73.3), 3 Yolanda Vermeulen (SA, 69.7).

Mariette Westraad vang ook die swaarste vis – ‘n vroulike bronshaai wat 78.2 kg geweeg het.

Eerste is Suid-Afrika (441.1) met Namibië tweede (264.6).



President A-afdeling

Topdrie: 1 Joe Hermann (NAM, 249.7), 2 Dylan Peinke (SA, 192.8), 3 Johan Visser (NAM, 192.7).

Pieter Muller het die swaarste vis uitgetrek – ‘n vroulike bronshaai van 83.8 kilogram.

Namibië wen hierdie afdeling met 882.8 punte teenoor Suid-Afrika se 793.5.



President B-afdeling

1 Werth Bouwer (SA, 139.3), 2 Ricku Mans (NAM, 114.1), 3 Herico Helm (SA, 111.9).

Werth Bouwer haak die swaarste vangs (74.1 kg) wat ‘n vroulike bronshaai was.

Suid-Afrika wen met 589.6 punte teen Namibië se 370.7.



Veterane

Topdrie: 1 Lance Mills (NAM, 212.8), 2 Eugene Stephen (SA, 192.7), 3 Jean Coetzee (SA, 174.7).

Louis-Han Nel met met ‘n manlike bronshaai (78.7 kg) uitgeblink.

Suid-Afrika (824.2 punte) klop Namibië (697.2).



Ontwikkelingsafdeling

Topdrie: 1 Gerhard Faber (SA, 296.9), 2 Pierre Orffer (SA, 229.1), 3 Wentzel Smal (NAM, 211.1).

Francois Thysse maak met sy vroulike bronshaai (116.3 kg) seker hy is die wenner.

Suid-Afrika (1 058.2), Namibië (743).

Totale punte vir die twee lande: Suid-Afrika (4 397.7), Namibië (3 380.7).

Die algehele swaarste oneetbare vis was ‘n vroulike bronshaai wat die skaal op 116.3 kilogram laat kreun het. Die tweede plek was ‘n manlike bronshaai (78.7 kg) gevolg deur ‘n koeihaai (65.7 kg).



Die gekose Namibiese presidentspanne vir dié week:



GROOTMEESTERS: Coenie Steyn, Eric Mans, Danie Pieters, Bernard Pretorius, Jan Tommy Thompson, Jan Heath, Andy Welzig; Hennie Roets (gids), Stefano Strapazzon (bestuurder), Jaco Venter (hulpbestuurder).

A-SPAN: Marco Klein, Joe Herrmann, Chrostiaan Potgieter, Raymond Dubenhage, Heini Zahrt, Martin Cordier, Wentzel Smal; Henri Snyman (gids), Corné Kruger (bestuurder), Brian Curtis (hulpbestuurder).

B-SPAN: Sean van der Heuvel, Jean Visser, Emile van Heerden, William Schickerling, Kevin Page, Tian Moster, Juan-Louis Grobler; Rinus van der Westhuizen (gids); Jaco Mertens (bestuurder), Heiko Doll (hulpbestuurder).

ONTWIKKELINGSPAN: Jacob Wasserfall, Kay Bachran, Izak van der Merwe, Luke Jansen, Brad Biller, Alexander Jansen, Ricku Mans; Emil Prinsloo (gids); Garreth Wolfaardt (bestuurder), Burger van Taak (hulpbestuurder).

MEESTERS: Johan Agenbag, Simen Andersen, Lance Mills, Jorg Walder, Frank Borusso, Frikkie Ferreira, Morne Horn; AJ de Beer (gids); Phillip Scheepers bestuurder), Henning du Plessis (hulpbestuurder).

VROUE: Nadine Downing, Sarah Ann Mills, Hannelie du Plessis, Mekayla Nell, Domenique Stehle, Sonita Arangies, Christel Visser; Johann Diedericks (gids), Nadine Downing (bestuurder), Johan Bruwer (hulpbestuurder).

VETERANE: Johan Mostert, Willem Steyn, Danie Smith, Andrew van Schalkwyk, Johan Herbst, Renier van Zyl, Johan van Niekerk; Nols Diedericks (gids); Ras van der Westhuizen (bestuurder), Martinus Venter (hulpbestuurder).

Comments

Namibian Sun 2025-10-22

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment