Desert Ice bly vuurwarm
Die 2026 Nedbank T20-Desert Ice Challenge word komende Sondag met twee wedstryde by Wanderers in Windhoek voortgesit.
Die Etungu Kudus en YouTrack Fleet Management Run Whisperers pak mekaar om 09:00, terwyl die Autohaus Windhoek Central Sunrisers en Crazy Monkey CCD Tigers om 14:00 slaags raak.
Die agt spanne wat om die titel meeding, is die Crazy Monkey CCD Tigers, Autohaus Windhoek Central Sunrisers, Etungu Kudus, BDO Gobabis Bulls, Moola Betting Green Mambas, YouTrack Fleet Management Run Whisperers, Spur Steak Ranches Warriors en Supatronix Unam Zebras.
Toeskouers kan weer opwindende T20-krieket verwag. In die eerste 19 wedstryde het beide kolwers en boulers met uitstekende individuele vertonings beïndruk. Shaun Fouché se onoorwonne 104 vir die Central Sunrisers bly die hoogste individuele telling van die toernooi. Joss Zondagh van die Green Mambas spog met die beste boulsyfers van vier paaltjies vir net 13 lopies. Die Green Mambas het ook die hoogste spanpoging opgestel met 210/6.
Kolwers het reeds altesaam 4 993 lopies in 19 wedstryde aangeteken, waarvan 2 796 uit grenshoue afkomstig was. Boulers het 254 paaltjies in 4 093 afgelewerde balle geneem.
Grenshoue
Altesaam 384 viere (1 536 lopies) is geslaan, ’n gemiddeld van net meer as 20 per wedstryd. Daarbenewens is 210 sesse (1 260 lopies) gemoker, ’n gemiddeld van 11 per wedstryd.
Negentien vyftigtalle en een honderdtal is reeds aangeteken. Sewe-en-veertig kolwers is vir ’n nulletjie uitgehaal.
Suksesvolste kolwers
- Nicol Loftie-Eaton – 264 lopies (Green Mambas)
- Shaun Fouché – 217 (Central Sunrisers)
- Tonde Musakanda – 161 (Unam Zebras)
- Henry Hayes – 153 (Green Mambas)
- Jaco le Roux – 143 (Spur Warriors)
Meeste paaltjies
- Jurie Engelbrecht – 8 paaltjies (Spur Warriors)
- Kairavbir Singh – 8 (Run Whisperers)
- Geo Haasbroek – 8 (CCD Tigers)
- Assad Abbas – 7 (Run Whisperers)
- Ruan Conradie – 7 (Central Sunrisers)
Ranglyspunte van die topvyf spelers
- Nicol Loftie-Eaton – 504 punte
- Shaun Fouché – 434 punte
- Herman van Zyl – 385 punte
- Junior Taanyanda – 350 punte
- Jaco le Roux – 348 punte (Spur Warriors)
Puntelys
- Green Mambas – 8 punte (4 seges uit 5 wedstryde)
- Gobabis Bulls – 8 (4 uit 5)
- Run Whisperers – 4 (2 uit 3)
- Central Sunrisers – 4 (2 uit 4)
- CCD Tigers – 4 (2 uit 4)
- Warriors – 4 (2 uit 6)
- Kudus – 4 (2 uit 5)
- Unam Zebras – 2 (1 uit 6)



Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article