Brutaal, maar bevredigend was 2025 Gravel Burn
Fietsry
Met vier Namibiërs op die podiums van hul ouderdomsklasse sou selfs die uitsoekeriges beswaarlik hoër verwagtinge van die eerste Nedbank Gravel Burn-bergfietsresies oor 800 kilometer in sewe dae in die Kaap kon gekoester het.
Op die algehele klassifikasie was die Namibiërs soos volg geplaas:
• Drikus Coetzee oorheers die mansresies vir 19-34 jaaren eindig 90 minute voor sy naaste mededinger, Verster Venter van Suid-Afrika.
• Melissa Hinz wen die ouderdomsklas vir vroue 40-44 met ‘n verskil van 23 minute voor die Suid-Afrikaners Anneke Lund en Janine Muller.
• Ingram Cuff was derde van die mans 40-44, ná Erik Kleinhans (RSA) en Fabien Monnier (Switserland), hoewel hy op dag twee in die voorlopertrui gery het.
• Frank Snyman vat die brons vir mans 60-64 jaar, agter Mario Kummer van Duitsland die 1988 Olimpiese Spele se bronswenner in die spantydtoets en voormalige Tour de France-ryer, met naaswenner Stewart Goodman wat ook in die 1990’s vir Suid-Afrika fietsgery het.
• In veld propvol wêreldklas mededingers in die professionele mansresies, was Martin Freyer 13de en Alex Miller 15de. Freyer was indrukwekkend vir iemand wat ‘n werk beoefen en nie voltyds fietsry nie, terwyl Miller ná ‘n lang professionele seisoen klaarblyklik nie sy heel beste vorm kon vind nie.
Hinz het gister gesê hierdie resies was een van die mees uitmergelende toetse wat sy nog ooit aangepak het.
Om dus boonop boaan die podium te kon staan, is vir haar ‘n groot hoogtepunt wat goed vergelyk met die bronsmedalje by die 2024 Afrika-kampioenskap wat sy as padfietsryer in die tydtoets behaal het.
“Die kondisies was brutaal en rêrig uitmergelend. Om sewe dae so te jaag, is nogal erg op jou lyf, maar ek is baie trots op myself. By die wegspringlyn op dag een het ek nie verwag om te wen nie, maar ek het wel goed voorbereid gevoel.
“Ons ryers in die Hollard-kleure is baie dankbaar en geëerd vir die geleentheid wat vir ons geskep is – en om boonop te kon wen, maak dit nog meer spesiaal.
“Die weersomstandighede het ons ook nie gespaar nie – afgewissel tussen hitte van 40 grade, of die stormwind en hael wat die sesde skof geneutraliseer het, of die harde stortreën en modder van dag een se wegspring by Knysna.”

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article