• Home
  • Sport
  • Afrikaspele lok atlete na tweede Grand Prix
Jade Nangula van Unam is Namibië se 200 meter-kampioen. Foto Tielman van Lill
Jade Nangula van Unam is Namibië se 200 meter-kampioen. Foto Tielman van Lill

Afrikaspele lok atlete na tweede Grand Prix

Atletiek
Verskeie nasionale rekordhouers kan die geleentheid as afspringplek vir 'n goeie seisoen gebruik.
Tielman Van Lill
Atletiek Namibië se tweede Grand Prix-byeenkoms van die seisoen word môre as ’n dag-aand geleentheid by die Onafhanklikheidstadion in die hoofstad aangebied.

Dis nog vroeg in die seisoen, maar hoopvolle baan- en veldatlete van oraloor die land sal gretig wees om te wys waar hulle vordering tans staan.

Die sperdatum om vir die Afrika-spele in Ghana te kwalifiseer, is 20 Februarie en Namibië se span is dus nog nie gefinaliseer nie.

Met dié aantreklike geelwortel voor die atlete as aansporing, kan goeie vertonings verwag word.

Die 24 items op die program sal môre om 16:00 met die 400 meter-naellope vir vroue en mans afgesit word – wat sommer dadelik een van die groot hoogtepunte kan bied.

Die 400 vir mans sal beslis vir opwinding sorg. Mahmad Bock, die nasionale rekordhouer (45.80 sekondes), is klaar met sy opleiding as korrektiewe beampte en sal beslis sy vaart wil wys. Hy kan strawwe mededinging verwag van die ewe ambisieuse André Retief en Ivan Danny Geldenhuys. Dié trio was spanmaats vir Namibië by die 2022 Statebondspele in Birmingham. Elvis Gaseb kan as buiteperd ook verras.

Die 100 en 200 vir mans behoort ewe warm te wees. By die eerste GP in Swakopmund het Gilbert Hainuca (10.67) en Elvis Gaseb (10.72) vroeg in die seisoen skaflike tye op kusvlak behaal. Hatago Murere is ’n haastige vooruitsig wat goeie vordering maak en Bock kan moontlik ook vir die 100 of 200 in die wegspringblokke sak.

Die opkomende spoedvraat, Elton Hoeseb, tree vir die 100, 200 en 400 aan.

Die T46-atleet (arm geamputeer), Bradley Murere, het in 2023 tydens die Namibiese kampioenskap 11.06 behaal. Paralimpiese atlete is by môre se program ingesluit en sal ook met goeie vertonings hul kleim vir die Afrikaspele in Ghana, asook ander internasionale geleenthede kan afsteek.

David Dam is ook terug op die baan ná sy opleiding as lid van die Namibiese Korrektiewe Dienste. Hy het verlede maand in Swakopmund die 1 500 meter in 3 minute 58.1 sekondes gewen. Sy teenwoordigheid behoort nuwe lewe in die 1 500 en 800 te blaas.

Dam se spanmaat, Daniel Paulus, is die Namibiese rekordhouer vir die halfmarathon en marathon. Hy sal na verwagting sy staal in die 5 000 wys waar hy onder andere deur Simon Nakale en Arno Angula gedruk sal word.

Die verspringer Lionel Coetzee, diskusgooier Ryan Williams, gewigstoter Tuané Silver en driesprongatleet Frieda Ithete is nog vier nasionale rekordhouers wie se deelname verwag word.

Ndawana Haitembu en Jade Nangula het onlangs by die kus hul vaart in die 100 uitgestal, waar die 200 nie vir vroue aangebied was nie. Dié nommer is wel môre op die program.

In die middelafstande lewer Nyanyukweni Frans en Saara Shikongo gewoonlik ’n hewige tweestryd. Wie van hulle gaan môreaand die 800 wen?

[email protected]

Comments

Namibian Sun 2024-05-10

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.85 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.93 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.42 | USD to ZMW 26.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 367.02/OZ UP +0.87% | Copper US$ 4.61/lb UP +0.98% | Zinc US$ 2 948.10/T UP 1% | Brent Crude Oil US$ 84.69/BBP UP +0.03% | Platinum US$ 995.78/OZ UP +1.06% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.85 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.93 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.42 | USD to ZMW 26.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 367.02/OZ UP +0.87% | Copper US$ 4.61/lb UP +0.98% | Zinc US$ 2 948.10/T UP 1% | Brent Crude Oil US$ 84.69/BBP UP +0.03% | Platinum US$ 995.78/OZ UP +1.06%