MBV hou groot makietie

Boerevereniging herdenk 75 jaar
Deur goeie en soms slegte tye, dra lede hierdie vereniging.
Gerine Hoff
Verlede week is groot makietie in die Suide gehou, toe die Maltahöhe Boerevereniging (MBV) sy 75ste bestaansjaar by At Kronenhof gevier het.

Deur die loop van die dag het verskeie sprekers ’n spreekbeurt oor ’n spesifieke tema gehad, onder andere Christa Bergemann, Christian Otto en Ernst Erni wat bietjie gesels het oor die geskiedenis van dié boerevereniging. Landboukundige Mecki Schneider, die NLU-president, Piet Gouws, en die motiveringspreker Franco Feris het ook gesprekke gelei.

Voorts het verskeie borge soos Old Mutal, Bank Windhoek, Feedmaster, MICCA Sales and Marketing, en Santam ook inligting met die gaste gedeel.

Volgens die MBV se voorsitter, Tjaard Venter, was dit ’n insiggewende en goeie dag.

“Ons het goeie sprekers gehad en almal het lekker saamgepraat en ons het goeie terugvoer van almal gekry.”

Ten opsigte van die boerdery in die distrik, sê hy daar is groot uitdagings wat voorlê, “maar daar is ’n wil vir elke ding en ek glo dinge sal glad verloop”.

Die belangrikste les wat hy uit die praatjies geleer het, is om moed te hou.

“Boer met wat jy het, gebruik die hulpbronne wat tot jou beskikking is, en praat met mense. Ons is nie die enigstes wat in moeilike tye sit nie. Ek dink ons kan mekaar aanmoedig.”

Vir die onmiddellike toekoms, sê hy daar lê hierdie jaar nog in Oktober vir die MBV ’n braaikompetisie voor.

“Kalkrand het verlede jaar gewen, so hulle bied dit weer hierdie jaar aan. Ons het ’n lekker spannetjie ingeskryf en ons is reg om die trofeë in die suide te hou.”

’N TERUGBLIK

Volgens Ernst Erni, wat die boerevereniging se geskiedenis aan- en opteken, het hy in 1990 by die vereniging aangesluit.

“Dit is en bly vir my ’n passie om die boerevereniging se geskiedenis op te teken,” het hy gesê

Vir hom is die sosiale sy van hulle vergaderings ook altyd ’n belewenis.

“Dit gaan nie net oor die boerdery en die belange daarvan nie; die sosiale sy daarvan skep ook vir ons geleenthede. Of ons toer, of ons kuier en net gesellig verkeer na afloop van ’n vergadering – dit alles is vir my ’n belangrike aspek daarvan.”

Hy sê voorts hulle probeer ten minste een keer per jaar ’n toer of ’n inligtingsdag aan te bied, “en of ons iewers heen ry of gaan kamp en of ons eenvoudig net op ’n plaas byeenkom, ons verkeer altyd gesellig”.

Wanneer dit by hierdie soort geleenthede kom, sê hy hulle pas by die tye aan.

“As dit sleg gaan, bly ons in hierdie omgewing, en as dit goed gaan, dan toer ons sommer die land plat.”

Ten opsigte van die boeredag, sê Erni die sprekers was indrukwekkend.

“Soveel inligting is met ons gedeel. En dan natuurlik ook die bestaande lede; sonder hulle sal ons nie kan aangaan nie. Dit is baie belangrik en die opkoms vandag was regtig goed.”

Wanneer dit kom by die geskiedenis van die boerevereniging, sê Erni daar is eintlik so baie inligting om te deel, “maar die feit dat ons ’n hegte groep is wat baie goed saam aanpak en dit maak dat die organisasie voortbestaan. Ons is eintlik maar net ’n gedeelte van georganiseerde landbou. Daar is altyd mense wat vra of ons moet aanhou en voortgaan. . . en dit kom altyd uit een stem dat dit vir seker die belangrikste aspek is – om deel van georganiseerde landbou te wees.”

En oor die toekoms, is hy baie opgewonde: “Santam het sommer vandag al hulle hand opgesteek om ons weer te borg, so dinge gaan beslis volgende jaar voort.”

Die dag se verrigtinge is afgesluit met ’n veiling om die MBV se finansies te versterk, waarna ’n vertoning deur Adam Tas, gevolg deur Danie Prinsloo en Landie Blaauw, gaste se voete laat stamp het. – [email protected]

Comments

Namibian Sun 2024-05-04

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%