Wap veg teen waternood
Wap se graad 8’s het onlangs die Windhoek Waterwise Campaign en Waterwise@WAP van stapel gestuur.
Deborey Bougaardt – Windhoek Afrikaanse Privaatskool (Wap) se graad 8’s het besluit om Windhoek se waterkrisis te pak.
Die leerlinge het ’n waterbewusmakingsveldtog van stapel gestuur omdat hulle bekommerd is oor dié krisis waarin die stad tans verkeer. Hulle besef dit beïnvloed hul lewensgehalte en hulle kán ’n verskil maak.
Elize van Niekerk, Wap se sosiale studies-onderwyser, het besluit die veldtog is die leerlinge se termynprojek, waarin hulle geëvalueer sal word.
Die kinders moes ? hipotese vir en doel van die projek omskryf. Na afloop van die projek sal hulle ’n verslag daaroor indien, wat die projek sal evalueer. Die hoofdoel is om waterbesparingsbewustheid te skep.
Die projek is tweeledig: Waterwise@WAP fokus op die skool, en Windhoek Waterwise Campaign fokus op die breër publiek.
Leerlinge het van 14 tot 18 Oktober ? beplannings- en werksweek gehad.
Daar is hard gewerk om alles gereed te kry. Leerlinge het tonele geoefen, plakkate geteken en ontwerp, praatjies voorberei, vetplante geplant, sleutelhouers gemaak en vlaggies met ? boodskap by die vetplante gemaak.
Die graad 8’s het vir seker hul jaarlikse kwota knip-en-plak ingekry!
Die projek is tydens die week van 21 tot 24 Oktober van stapel gestuur. Dit het afgeskop met ? video waarin Kobus Espach (die hoërskoolhoof), Elna de Jager (die laerskoolhoof) en Monica “Suzie” Steenkamp (’n leerling) wys hoe water gespaar kan word.
Die leerlinge het ’n toneel opgevoer om die Treintjieskool van waterbesparing bewus te maak en vir hulle ? liedjie geleer. Die jongspan was baie beïndruk met WaterWaffie, die skool se watergelukbringer. Die kleintjies het ook lekkers gekry.
Waterbesparingswenke en die video is met die laerskool- en hoërskoolleerlinge gedeel. Elke laerskool- en hoërskoolleerling het borswapentjies of sleutelhouers gekry wat hulle daaraan sal herinner om water te spaar.
Om die breër publiek van waterbesparing bewus te maak, het leerlinge op Hartklop FM, Kanaal 7 en Kosmos 94.1 oor besparing gepraat.
Dit was ? groot ervaring. My Zone het ook met leerlinge gesels.
Die graad 8’s het Dinsdag by Eros-winkelsentrum en Donderdag by
Ae Gams se parkeerterrien vetplante, sleutelhouers en pamflette gaan uitdeel.
Maandag-, Dinsdag-, en Woensdagoggend is vetplantjies ook uitgedeel aan ouers wat hul kinders by die skool aflaai.
“Goliat”, wat die droogte verteenwoordig, en die vyf “Dawid”-waterdruppeltjies, wat waterbesparingswenke voorstel, was ook by dié aksie betrokke .
WaterWaffie was natuurlik ook daar.
“Daar is soveel moeite gedoen – elke graad in die laerskool is betrek en bewus gemaak van ons waterkrisis. Die vetplantjies wat voor skool uitgedeel is aan die ouers was so ’n oulike idee. Julle het regtig hard gewerk en ek glo julle het jul doel bereik. Well done!” het Corrie Ludwig, nog ’n onderwyser, gesê.
Mandi Williams, Ludwig van Rooyen en Merwe van Wyk, leerlinge in graad 6C, het drie goeie wenke gedeel. Hulle sê Windhoek moet vetplante plant, vinnig stort, en waterbottels in hul toiletbakke sit sodat minder water wegspoel.
Die graad 1-leerling Adrian Coetzee sê wat hy onthou van die projek, is: “Ons moet water spaar!”
Monica, oftewel “Suzie”, is in graad 8B en sê sy het baie nuwe maniere geleer om water te spaar en sy verstaan nou hoe ernstig Windhoek se waterkrisis regtig is.
Die projek het vir seker in sy doel geslaag en die skool sal voortaan saamstaan om meer water te spaar.

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article