Terug by die begin
Wedersydse respek bring jou ver
Evany van Wyk
Nadja Breytenbach het onlangs haar alma mater, Hoërskool Delta, besoek om met die kinders oor respek te gesels.
Toe Mej. Namibië 2019, Nadja Breytenbach, in graad 1 was, het Michelle McLean se besoek aan die skool ’n groot indruk op haar gemaak. “Ek het daardie dag huis toe gegaan en my ma vertel ek wil nes Michelle wees wanneer ek groot is. En kyk, nou is ek op pad Miami toe om by haar te gaan kuier,” sê Nadja. Sy sê dié ervaring en waar sy vandag is, het haar laat besef watter groot impak rolmodelle op ’n kind se lewe het. Haar grootste droom was om ook ’n rolmodel vir ander te wees. As deel van die Diamond Generation Drive, in samewerking met Namibia Diamond Trading Company (NDTC), doen Breytenbach motiverings-praatjies by skole oor verkeie onderwerpe. “Ek praat meestal oor onderwerpe waarby die skool voel die kinders sal baat,” sê sy. Nadja het al verskeie streke in Namibië besoek waar sy kinders van verskillende agtergronde toegespreek het. Sy glo Namibiërs leef in ’n beskermde borrel waar hulle nie die werklikheid beleef nie. “Die werklikheid is dat daar mense is wat swaarkry, mense sonder water, kinders wat met stukkende klere moet loop en honger gaan slaap. Ons moet almal hand bysit en mekaar ondersteun en help. Ek moet sê die grootste les wat ek geleer het deur hierdie reis is die mense wat die minste het, is eintlik die gelukkigste,” sê sy. Nadja het leerlinge aangemoedig om almal te respekteer, ongeag hul ouderdom. Sy het die leerlinge en onderwysers uitgedaag om jammer te sê indien hulle onbeskof teenoor iemand was. “Ek glo respek begin by jouself. Dit is iets wat jou baie ver in die lewe kan bring,” sê sy. Nadja het ’n sagte plekkie vir minderbevoorregtes en wil ’n liefdadigheidsorganisasie vir dié mense stig. “Ek wil veral minderbevoorregtes op Opuwo help,” sê sy. Sy meen haar drome is groot, maar as sy net in een kind se hart ’n saadjie kan plant, sal dit ’n groot verskil maak. Haar raad aan jongmense is om nooit op te hou om in hulself te glo nie. “Ek het daardie les eers baie laat in my lewe geleer. Die wêreld het so baie om jou te bied. Jy is ’n diamant,” sê sy. Carol-Ann Schoonbee, Hoërskool Delta se hoof, het gesê die skool is baie trots daarop om een van hul oudskoliere weer in hul midde te hê. “Die kinders het haar baie goed ontvang en dis al wat tel,” het sy gesê.

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article