Si !Gobs streef na akademiese prestasie
‘n Skool op Omaruru is oorgehaal om op alle vlakke uit te blink.
Michelline Nawatises
Pullquote: " Die onderwysers kan nie 'n holistiese kind help ontwikkel as die ouers nie betrokke is nie." - Ebenesia Kavetuna, waarnemende skoolhoof
Die Sekondêre Skool Si !Gobs geleë op Omaruru se mikpunt is om vanjaar akademies te presteer.
Dit bied klasse vir graad 8- tot 12-leerlinge aan en volg die nuwe kurrikulum.
Me. Kavetuna Ebenesia is sedert Januarie 2019 die waarnemende hoof. Sy staan in vir die hoof wat met studieverlof is. Si !Gobs is die enigste regeringskool op Omaruru en akkommodeer kinders van alle kulture, godsdiens en ras. Duits kan onder meer as vak geneem word, wat vir leerlinge die ruimte bied om ’n vreemde taal te leer.
Kavetuna sê een van die uitdagings is akademiese prestasie wat moet verbeter. “Ons skool word uitgedaag deur kulturele diversiteit en ons het gesukkel om goeie akademiese prestasies die afgelope jaar te lewer,” sê sy. Kavetuna wil in haar ampstermyn soveel moontlik tyd en energie toewy aan die verbetering van akademiese prestasies.
“Die leerlings presteer in buitemuurse aktiwiteite, maar die akademie vaar nie so goed nie.”
Voorts wil sy ouerbetrokkenheid by die skool verbeter. “Die onderwysers kan nie 'n holistiese kind help ontwikkel as die ouers nie betrokke is nie. Betrokkenheid sal die kind se prestasies verbeter en van hom of haar 'n beter burger maak.”
Si !Gobs se visie is om 'n gelukkige, omgee- en stimulerende omgewing te bied, waar leerlinge hul volle potensiaal en uitnemendheid sal besef en bereik om hul beste bydrae tot die samelewing te kan lewer.
Toe The Zone die hoofmeisie, Zuzeph Sheefeni, en die onderhoofmeisie, Sieglinde Kapunda, gevra het waarom hulle as prefekte gekies is, het hulle gesê party mense word as leiers gebore. “Leierskap behels onder meer spanwerk en om eerste die inisiatief te neem. Nie almal het die geduld om met mense te werk nie, veral nie om hulle te lei nie,” het Zuzeph gesê.
Die ander uitdagings wat die skool het, is leerlinge wat nie skoolwerk as ernstig beskou nie. Die oplossing is om die werk en vordering van die onderwysers en leerlinge noukeurig te monitor, het Kavetuna gesê.
Die skool het klubs vir net meisies, debat en sosiale wetenskap, asook ‘n skoolkoor.

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article