Padveiligheid vir kinders
Padveiligheid vir kinders

Padveiligheid vir kinders

Octavia Tsibes
Die FIA- en die Puma Energy-stigting het onlangs 'n padveiligheidsprogram by die Primêre Skool Moses van der Byl in Windhoek van stapel gestuur.

Octavia Tsibes



Die twee wêreldwye stigtings ondersteun die Privaatsektor-Padveiligheidsforum (PSRSF) om doeltreffende padveiligheidsmaatreëls rondom laerskole in Windhoek te implementeer en ook met die regering en ander belanghebbendes saam te werk ten einde te verseker dat die maatreëls wyd en syd in Namibië geïmplementeer word.

Verlede jaar het 732 voetgangers in ongelukke omgekom, waarvan 14% kinders en die helfte in Windhoek was. Die Wêreldgesondheidsorga­nisasie (WHO) beraam dat gemiddeld meer as 551 voetgangers jaarliks op ­Namibiese paaie sterf. Kindervoetgangers is een van die hoogste risikogroepe en kinders in Afrika is twee keer meer geneig om op die pad te sterf as dié in enige ander wêrelddeel.

“Die PSRSF ondersteun van die armste, kwesbaarste kinders op die planeet - kinders wie se behoef­tes en belange vir die meeste beleidmakers nie prioriteit is nie. Deur middel van effektiewe samewerking en onwrikbare toewyding, wys ons navorsing dat die voorkoms van verkeersverwante sterftes en beserings onder kinders bekostigbaar voorkom kan word, “ het mnr. Saul Billingsley, uitvoerende direkteur van die FIA-stigting, gesê.

Van 2017 tot 2019 sal die PSRSF onder meer voetpaadjies, sebra­krui­sings, spoedbulte en padtekens rondom laerskole verbeter, en ook onderrig oor padveiligheid by die skole verskaf.

'n 2015-2016-studie oor die doeltreffendheid van sulke verbeterings in Tanzanië bewys dat lewens deur middel van hierdie maatreëls en onderrig gered kan word.

“Die Puma Energy-stigting is verbind tot die verbetering van die veiligheid van Afrika se kinders op die paaie,” het mnr. Vincent Faber, uitvoe­rende direkteur van die stigting, gesê.

Comments

Namibian Sun 2026-06-20

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment