Oud-Elnatan leerling gee hoop vir die toekoms

JUSTISIA SHIPENA
Mart-Mari Mostert

Oud-Elnatan leerling en voormalige onderhoofseun van 2014, Jandre van Wyk, het die skool behoorlik trots gemaak. Hy is sedert sy graad vyfjaar ‘n leerling van Privaatskool Elnatan.

Hy was in Elnatan vanaf 2008 tot 2014, maar sy sukses stop nie daar nie en hy het twee grade verwerf aan die NWU. In menslike bewegingskunde en sielkunde en ’n diploma in sportwetenskap én boonop het hy ‘n besigheid begin op 23.

Al hierdie dinge doen hy net vir sy passie om met kinders te werk. Met sy omgee vir kinders het hy ’n besigheid begin wat fokus op die ontwikkeling van kinders en sport afrigting.

Van Wyk se passie om met kinders te werk kom al aan vanaf graad 8, en hy het voluit daarmee aangehou. Die mense rondom hom het sy potensiaal raakgesien. Sy droom was nog altyd om ’n biokinetikus te word. ’n Biokinetikus is ’n persoon wat fokus op die sport afrigting en ontwikkeling van kinders. Hy het sy besigheid, YSD (youngsters skills development) program net ’n maand terug begin en het reeds baie positiewe resultate.

“Al wat ek kan sê is byt vas, dis moeilik om die besigheid van die grond af te kry, maar druk deur en glo in jouself en in jou besigheid,” was Van Wyk se raad aan iemand wat daaraan dink om ’n besigheid te begin.

Sy besigheid is geleë in Mariental en daar help hy die kinders met hul sport afrigting en hul ontwikkeling. “Om die lekker terug te sit in oefen en om die nodige ontwikkeling vir kinders te gee wat dit nie meer in skole kry nie,” sê hy oor sy hoofdoel in sy besigheid.

Van Wyk stel ’n groot voorbeeld vir die mense rondom hom en die kinders waarmee hy werk. Hy gee hoop aan die gemeenskap met sy hulp vir die kinders. “Ek het besef daar is ‘n groot leemte in die ontwikkeling van kinders” sê hy toe ek hom vra hoe hy aan die idee gekom het. “As jy passievol voel oor ’n onderwerp of ’n beroep, weet jy dis die regte rigting, Moet nooit iets jaag wat later in jou lewe geen waarde vir jou het nie.”

Hy is ’n rolmodel en hy wys dat harde werk beloon word. Dit is ’n groot avontuur wat hy aanpak en dit vat baie selfdissipline en ambisie. Hy help kinders met elke daad wat hy doen en dit gee hoop aan die toekoms en ons kinders se opvoeding. Hy is ’n inspirasie vir baie en Elnatan wens hom alle sterkte toe. Hy kan by 081 424 0732 en [email protected] gekontak word.

Comments

Namibian Sun 2025-12-19

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment