Ministerie kry skenking van vismaatskappy

Gabby Tjiroze
Michelline Nawatises



Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur het onlangs skenkings ter waarde van meer as N$50 000 van die Namibiese maatskappy Morcar Fishing onder die vaandel van die Friends of Education in Namibia Special Initiative (Fensi) ontvang.

Die doel van Fensi is om bydraes te werf vir die ministerie waarmee hy gehalte-onderwys op 'n doeltreffende en volhoubare wyse wil verbeter.

Die direkteur van Morcar Fishing, Tarah H. Shinavene, het dank teenoor die ministerie uitgespreek wat hulle ondersteun in die identifisering van skole in nood.

Die maatskappy het ook N$10 000 aan die Laerskool Suiderhof en die Gekombineerde Skool Danie Joubert geskenk.

In 2017 het Morcar N$50 000 ge­skenk aan die Forum for African Women Educationalists Namibia (Fawena)-program, wat gemik is op onderrig en opvoeding van ­Namibiese meisies.

Minister Katrina Hanse-Himarwa het tydens die oorhandiging aan die ministerie gesê dit is 'n goeie inisiatief en dat die land meer programme moet instel.

“Ons is dankbaar vir Morcar se vrygewigheid. Hulle het bewys dat hulle bereid is om 'n lang pad saam met ons te stap.”

Comments

Namibian Sun 2025-09-29

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment