DHPS stem vir Duitse partye

Michelline Nawatises
Op 23 en 24 Mei kon die graad 9- tot 12-leerlinge van die Deutsche Höhere Privatschule Windhoek (DHPS) aan die Junior Europese Verkiesing deelneem.

75% van die leerling het van die geleentheid gebruik gemaak om vir ‘n Duitse party te stem. Die party Bündnis 90/Die Grünen het 34% van die stemme verwerf, met die CDU/CSU in die tweede plek (30%).

Deelname aan die junior verkiesing is ‘n uitstekende geleentheid om demokrasie te ervaar en uit te oefen; die onderwerp in sosiale studies te takel; die verkiesingsproses vir leerlinge meer toeganklik te maak; en leerlinge vir politieke deelname te motiveer.

Vanjaar het 2 760 skole van Duitsland en ander Duitse skole buite die land in die 2019 Junior Europese Verkiesing gestem.

Sedert 1999 het meer as 3 miljoen jongmense aan dié jaarlikse verkiesings deelgeneem.

Comments

Namibian Sun 2025-07-05

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment