CFF belê in jong leerlinge

JUSTISIA SHIPENA
Die Cheetah Conservation Fund (CCF) het Maandag 27 Januarie hulle 2020 skoleuitreikprogram vir die jaar van stapel gestuur. Dit is ‘n belangrike deel van die organisasie se Future Conservationists of Africa (FCA)-program.

‘n Span van CNN het die CCF vergesel na hul eerste uitreik van die jaar by Laerskool Vooruit in Otjiwarongo. Die span het ‘n voorlegging oor jagluiperds aangebied en die leerlinge aan een van die CCF se Livestock Guarding Dogs (LGD), die nege-jaar oue Kiri, voorgestel. Dr. Laurie Marker, die stigter en uitvoerende direkteur van CCF, het vir die studente vanuit verskeie van haar boeke voorgelees, wat onder ander Chewbaaka, die storie van die Namibiese wees-jagluiperdwelpie, ingesluit het.

“Die CCF sien uit na hierdie tyd elke jaar, want dit is wanneer ons opvoedkundige spanne hul toer na verskeie Namibiese skole onderneem om soveel as moontlik jong leerlinge te ontmoet om die boodskap oor jagluiperds te deel,” se Marker.

“Otjiwarongo staan bekend as die jagluiperd-hoofstad van die wêreld. Jagluiperds is die dryfveer van die Namibiese toerismebedryf, met mense wat van regoor die wêreld reis om die diere in hul natuurlike habitat te sien. Ons leer mense meer oor die waarde van wild vir ons landskap en hoe ons in harmonie kan saamleef,” het Marker verder bygevoeg.

Die CCF vier vanjaar sy 30ste bestaansjaar en sedert die begin van die FCA in 1994 is meer as 600 000 leerlinge deel van die CCF se programme. Hierdie programme, wat spesifiek op jong leerlinge gemik is, fokus op onderrig oor onder meer roofdiere in Namibie se ekosisteme en die rol wat hulle speel in die voedselketting, hoekom jagluiperds so spesiaal is en waarom hulle een van Afrika se mees bedreigde spesies is.

Hierdie programme fokus spesifiek daarop om jong kinders te leer hoe hulle in vrede met jagluiperds kan saamleef om eindelik ook ‘n gevoel van trots in Namibië se wild te kweek. Verder fokus dit ook op die werksgeleenthede in bewaring en die ekonomiese voordele daarvan vir die land. Selfs onderwysers ontvang onderrig deur die program met die CCF’s Teacher’s Resource Guide (TRG), wat ook by die nasionale kurrikulum aansluit.

Die program fokus spesifiek op kinders tussen graad 7 en graad 10 en sal skole in onder andere Otjiwarongo, Outjo, Kalkfeld, Omaruru, Otavi, Kombat, Tsumeb, Grootfontein, Okahandja, Gobabis en Windhoek besoek. Skole kan ook die CCF kontak by 067 306 225 vir verdere inligting.

Comments

Namibian Sun 2024-05-04

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° #N/A #N/A