Musiek, kultuur en sneeu: WAP-leerders verken Switserland
Vier leerders van Windhoek Afrikaanse Privaatskool het vanaf 14 Maart tot 1 April deelgeneem aan ’n internasionale uitruilprogram wat hulle na die pragtige stad Zürich in Switserland geneem het.
Die leerders – Brinck Coetzee, Huib de Bruin, Stephan Venter en Hayden Kitt – het deel gevorm van ’n besonderse kultuurerfenis-ervaring vol musiek, taal en nuwe vriendskappe.
Die uitruilprogram word jaarliks aangebied en gee leerders die unieke geleentheid om Switserland te besoek en die plaaslike kultuur eerstehands te ervaar. Verlede jaar het vier studente van Switserland Namibië besoek en hier saam met dieselfde vier WAP-leerders deur ons land gereis.
’n Hoogtepunt van die jong Namibiërs se besoek was hul deelname aan die skoolkoor. Die leerders het saam met hul Switserse eweknieë geoefen en aan ’n indrukwekkende kooroptrede deelgeneem. Hulle het liedere in verskeie tale opgevoer en baie waardevolle ervaring en selfvertroue gebou.
Buiten hul musikale avontuur, het die leerders die unieke voorreg gehad om sneeu van naby te beleef – ’n seldsame toneel vir dié wat die warm Afrika-son gewoond is. Hulle het Zürich en omliggende gebiede verken, plaaslike geregte geproe, berge uitgeklim en verskeie historiese en kulturele besienswaardighede besoek.
Volgens die leerders was die mense ongelooflik vriendelik en het hulle waardevolle internasionale vriendskappe gevorm. Die hele ervaring het hul horisonne verbreed en hulle keer terug na Namibië met kosbare herinneringe, nuwe perspektiewe en groot glimlagte.
Windhoek Afrikaanse Privaatskool sien met opgewondenheid uit na die volgende groep Switserse leerders wat binnekort ons kant toe kom!

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article