Elnatan gaan slimfoonvry: 'Kinders moet weer kinders wees'
Privaatskool Elnatan het aangekondig dat hulle vanaf 2026 ’n slimfoonvrye beleid sal invoer vir leerlinge van graad 1 tot 11. Skoolhoof Johan Adriaanse sê die skuif is gemik op die bevordering van fokus, akademiese prestasie en die geestelike welstand van leerlinge.
“Dit gaan bloot oor die tyd wat kinders op skerms spandeer en die onbeperkte toegang tot die internet,” verduidelik Adriaanse. “Ons het oor die afgelope paar jaar gesien hoe gedrag en konsentrasie verander het, en dit het ’n direkte impak op akademiese prestasie.”
Volgens hom word leerlinge dikwels deur sosiale media en die konstante kennisname van wat ander doen, afgelei en dit beïnvloed hul klasdeelname en welstand.
Onder die nuwe beleid mag leerlinge steeds eenvoudige “button phones” hê vir noodgevalle, maar slimfone sal tydens skoolure verbode wees. “Indien ’n leerling met die verkeerde foon gevang word, word dit vir die res van die jaar in beslag geneem,” sê Adriaanse. Hy beklemtoon dat die doel is om ’n veilige, gefokusde leeromgewing te skep waar afleidings, sosiale druk en negatiewe invloede tot die minimum beperk word.
Adriaanse hoop dat die beleid leerlinge sal help om die balans tussen tegnologie en die werklike lewe te ervaar. “Kinders besef nie altyd die volle impak van slimfone nie. Hulle skreeu om hulp sonder om ’n geluid te maak. Ons hoop hulle sal besef daar is ’n lewe buite sosiale media en slimfone.” Hy sê verder dat die verandering nie net akademiese voordele gaan bring nie, maar ook sosiale en emosionele groei kan ondersteun.
Navorsing ondersteun die besluit van Elnatan. Studies in lande soos Spanje, Noorweë en die Verenigde Koninkryk het getoon dat skole wat selfone verbied dikwels verbeterde akademiese prestasie en beter konsentrasie sien, veral by leerders wat voorheen maklik afgeleid was. UNESCO se 2023-verslag wys ook dat oormatige selfoongebruik verband hou met slegte slaap, verhoogde stres en negatiewe emosionele welstand. Hierdie bevindinge bevestig die intuïsie van Adriaanse dat kinders dikwels nie besef hoeveel skade konstante skermtyd kan veroorsaak nie.
Ouers het die beleid oorwegend ondersteun, terwyl leerlinge meestal ongelukkig is oor die verandering. “Ware leierskap beteken soms om besluite te neem wat nie korttermyn gewild is nie, maar wat op die lang termyn positief is,” sê Adriaanse. Hy hoop dat ander skole, veral dié met koshuise, Elnatan se voorbeeld sal volg en dieselfde pad oorweeg.
Tegnologie sal steeds deel wees van die leerervaring. Skootrekenaars met beperkte internettoegang sal steeds gebruik word vir akademiese doeleindes, wat ’n balans bied tussen tegnologie en fokus. “Ons wil tegnologie bevorder, maar steeds beheer hê oor hoe dit gebruik word,” sluit Adriaanse af.
Met hierdie beleid wys Elnatan dat dit moontlik is om die voordele van tegnologie te benut sonder dat dit kinders se fokus, emosionele welstand en akademiese sukses beïnvloed. Die slimfoonvrye beleid is ’n poging om leerlinge terug te bring na ’n wêreld waarin hulle weer kan interaksie hê, fokus en net kinders kan wees.

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article