
Geskiedenis: Björn Basler het die foto van die skeepswrak geneem.

Geraam: “Soms maak die kleinste goed die mooiste foto,” sê Bertina Hattingh. Die foto is op ’n plaas oos van Windhoek geneem.

Hartjies: “Dis ‘n wilde sonneblom. Kyk die stuifmeeldraadjies se punte is hartjies,” sê Anet Potgieter.

Mooi: “Kan ons nie maar almal so mooi weerkaatsing hê nie?” vra Estelle Esterhuizen.

Woestyn: “Ek en my man bly nou in Nieu-Seeland. Ons was onlangs in Namibië op vakansie en dit was lekker om weer in die woestyn te wees,” sê Chrismari Dickinson.

Asemrowend: “Die foto is by Langstrand geneem,” sê Phillip Kühn.

Ontelbaar: “Dit was nou ’n baie vroeë ontbyt vir die kormorante. My man het altyd gevra: ‘Wil jy weet hoeveel? Tel die pote en deel deur twee,’” sê Jermanneke.
Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article