Regering appelleer teen sodomie-besluit
\"Die hooggeregshof gaan vir hulle roskam soos die regering nog nie gesien het nie ... veral as hulle met daardie nonsens kom.\"
Só sê die Windhoekse prokureur Uno Katjipuka, oor die regering se bewerings dat die verskil tussen sodomie en anale penetrasie tussen ’n man en vrou is dat \"dit kan nie gesê word dat ’n man ’n ander man \"perongeluk\" of \"onbewustelik\" seksueel penetreer nie\".
Sy maan ook dat die regering se verweer dat seksualiteit nie onder die grondwet beskerm word nie, die deur mag opmaak vir diskriminasie op gronde van ander eienskappe wat nie uitdruklik in die grondwet beskerm word nie. Dít na verskeie staatsliggame appèl aangeteken het teen die hoërhof se besluit om die sodomiewet ongrondwetlik te verklaar.
\"Die bewering dat die homofobe wat ons grondwet doelbewus opgestel het nie seksuele oriëntasie ingesluit het nie, verloor sig daarvan dat die grondwet bedoel is om \'n lewende dokument te wees om toekomstige geslagte te dien. \'n Hof se interpretasie van die grondwet moet die hedendaagse samelewing dien,\" het sy gesê.
\"Wat die homofobiese stigters en opstellers van die grondwet bedoel het, is nie van belang nie, wat saak maak is wat die grondwet sê en dit beskerm die reg op gelykheid en die onaanvegbaarheid van \'n mens se waardigheid,\" verduidelik Katjipuka.
Sy meen dat ’n persoonlike agenda in die regering se grond vir appèl deurskemer. \"Dit lyk vir my of die regering \'n neerbuigende en paternalistiese standpunt inneem wanneer hulle aanvoer dat dit as gevolg van biologiese, anatomiese en sosiale verskille tussen mans en vrouens ok is om teen homoseksuele mans te diskrimineer ... dit is waar die regering en hul prokureurs na my mening hul persoonlike homofobie toon.\"
Die partye wat as appellante aangeteken is, is die minister van justisie, die ministerie van binnelandse sake, veiligheid en sekuriteit; die minister van verdediging; die aanklaer-generaal en die prokureur-generaal. Die respondent in die saak is die LGBTQIA aktivis, Friedel Dausab, wat oorspronklik sy aansoek by die hoërhof aanhangig gemaak het om die wet wat sodomie kriminaliseer ongrondwetlik te laat verklaar.
In die regering se kennisgewing van appèl beweer dat die hoërhof te veel waarde geheg het aan openbare mening en dit verwar het met die sosiale norm.
Die regeringsentiteite het appèl aangeteken in die hooggeregshof, wat die enigste hof is wat hoër gesag as die hoogeregshof. Die applikante beweer ook dat die hoërhof daarin versuim het om sosiale norms in ag te neem deur openbare menings.
Die appelante beweer ook dat de hoërhof daarin versuim het om op al hulle gronde te antwoord, soos deur ’n uitspraak in 2019 bepaal is. Hierdie uitspraak het beslis dat ’n hof op alle gronde moet reageer om dit makliker te maak vir ’n appèlhof om ’n besluit te maak, al steun die hof slegs op een eis in sy uitspraak.
Katjipuka meen die regeringsentiteite se prokureurs moet hul eed voor oë hou.
- [email protected]

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article