NBC, Eagle FM verwys vir bemiddeling
\\'Mondelingse erkenning\\' ontken
Die Namibiese Uitsaaikorporasie (NBC) en die plaaslike radiostasie, Eagle FM, is gister deur regter Lotta Ambunda verwys vir bemiddeling. Hierdie is in verband met ’n hofsaak wat deur die NBC teen Eagle FM gebring is waarin die nasionale uitsaaier beweer die private radiostasie het van 1 April 2022 tot Maart 2024 sonder hul wete, toestemming of ’n geldige huurooreenkoms ses van hul uitsaaitorings gebruik.
Die NBC beweer dat die eienaar van Eagle FM, John Walenga, in ’n vergadering in Augustus 2024 mondelings erken het dat die radiostasie die uitsaaier ’n bedrag van N$580 774,73 skuld. Op 1 Augustus 2024 het Eagle FM glo N$17 724.47 Dít na die partye op 6 Junie 2024 ’n geskrewe huurooreenkoms aangegaan het wat Eagle FM sou toelaat om die ses uitsaaitorings te gebruik teen ’n gesamentlike koste van N$32 899,94 per maand. Hierdie bedrag sou jaarliks teen die inflasiekoers aangepas word.
Die NBC beweer in hofstukke dat Eagle FM nie die agterstallige bedrag [wat Walenga glo mondelings erken het] en die maandelikse huurbedrag betaal het nie. Eagle FM skuld dus glo N$1 060 064,27.
Die uitsaaier eis die kansellasie van die huurooreenkoms, betaling van die bogenoemde bedrag, rente op die bedrag en regskoste.
Eagle FM het aan die hof Walenga se mondelingse erkenning ontken en beweer dat die NBC geen bewyse gelewer het oor hoe dit tot die bedrag van N$850 774,73 gekom het nie. Eagle FM beweer ook dat dagvaardiging in hierdie aansoek meer as drie jaar na ’n deel van die skuld ontstaan het. Hierdie skuld sou volgens Eagle FM in die aanhef van hul huurkontrak uiteengesit word.
Die radiostasie beweer ook dat hul ooreenkoms met NBC ’n klousule insluit wat voorsiening maak vir enige twis in terme van hul ooreenkoms deur bemiddeling behandel sal word. Eagle FM betwis ook die betaling van N$17 724.47 twee maande na die aanvang van die huurooreenkoms gemaak is.
\\"[NBC] probeer om hierdie betaling toe te ken aan die betwiste mondelingse erkenning. [NBC] neem nie die hof hierin in vertroue nie, aangesien die betaling op 1 Augustus 2024 gemaak is, byna twee maande na die sluiting van die huurooreenkoms, maar [NBC] probeer dit laat lyk asof dit buite die duur van die huurooreenkoms gemaak is om sy bewering te versterk dat daar \\'n mondelingse erkenning van skuld was,\\" lui Eagle FM se verklaring aan die hof.
Verder beweer Eagle FM ook dat die gehuurde geriewe nie behoorlik in stand gehou is nie; geen lugverkoeling, ventilasie of stoffiltrasie gehad het nie en dat die radiostasie gevolglik skade gely het weens onderbrekings aan uitsendings as gevolg van die oorverhitting van toerusting en die gevolglike herstelkoste.
– [email protected]

Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article