Van Lill vaar beste in Whk-klubkompetisie
Die Windhoek Gholfklub het verlede naweek sy klubkompetisie vir Komiteelede versus Klublede aangebied.
Vir die komiteelede was daar geen wegkruipplek in die kantoor nie. Die groter getalle van die klublede was die oorwegende faktor en die klubkaptein is met geen ander keuse gelaat as om aan die wil van die meerderheid toe te gee nie.
Die gevolg was ‘n dag gevul met genot, opwinding en perfekte weersomstandighede vir gholf – presies soos gholf by die Windhoek-klub geniet behoort te word.
Die individuele wenner was Chris van Lill, wat manalleen sake met sy telling van 44 punte oorheers het.
Die voorste uitslae:
1 Chris van Lill (44 punte)
2 Gustav Jung (43)
3 Justus Amutenya (41, uittel)
4 Ruan Greyling (41)
5 Paul Grobler (41)
6 Hylton Villet (40).
Die pryse vir houe naaste aan die pen is soos volg toegeken: Sponks Mohale (putjie 3), Christopher Durant (putjie 9), Johan Grobler (putjie 13) en Justus Amutenya (putjie 17).
• Die klub bied komende naweek ‘n klubkompetisie aan (Battle of the Social Societies).
• Windhoek Gholfklub het die vorige naweek sy tradisionele Welcome Back Bash klubkompetisie aangebied om klublede ná die feesseisoen terug te verwelkom en die 2026-kompetisieseisoen te open.
Altesame 47 spelers het op ‘n warm somersdag hul vaardighede op die proef gestel. Kameraderie en stories oor houe wat net-net nie in die putjie wou inrol nie, was aan die orde van die dag.
Die kompetisie het aan Ian Wood, wat opgewonde as die wenner weggestap het.
Die voorste uitslae:
1 Ian Wood (41 punte)
2 Borris Erasmus (40)
2 Andre Visser (39)
4 Llewellyn Husselmann (38)
5 Alfie Ndyenge (37, uittel)
6 Bertus Damon (37)



Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article