Foto verskaf (Nedbank Namibia)
Foto verskaf (Nedbank Namibia)

Kampioene verteenwoordig NCF in 2026

Padfietsry
Padfietsry
Andrew Poolman

Die Namibiese Fietsryfederasie se trotse, nuut bekroonde titelhouers is gister met die oorhandiging van hul nasionale truie vereer ná afloop van die Nedbank nasionale padfietskampioenskap die afgelope naweek (individuele tydtoets en padresies; verslag op bladsy 3). Selfs sonder die afgelope jare se gevestigde veterane soos Drikus Coetzee (beseer), Alex Miller (tweede in die elite mans padresies) en Vera Looser (professionele verpligtinge by die Tankwa trek bergfietstoer in Suid-Afrika) getuig gister se podium van gesonde kompetisie en ‘n beproefde pyplyn om talent boontoe te voer. Van links staan Nathan Chase (junior mans tydtoets), Delsia Janse van Vuuren (vroue o.23 tydtoets en padresies), Roger Surén (o.23 en elite mans padresies), Anri Greeff (elite vroue tydtoets en padresies), Rosemarie Thiel (junior vroue tydtoets en padresies), Adrian Key (o.23 mans padresies en tydtoets), Marco Thiel (junior mans padresies) en Martin Freyer (elite mans tydtoets). Foto verskaf (Nedbank Namibia)

Comments

Namibian Sun 2026-02-09

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment