Vrouepaar van Omeya dring deur
Omeya Gholfklub het Saterdag rondte 1 van die 2026 King Price Internasionale Parespel se kwalifiserende rondtes aangebied. Met sommige klublede afwesig om die LIV Golf by Steyn City in Gauteng te beleef, is meegeding om plek in die streekfinaal te bespreek. Op grond van die beperkte getal inskrywings het net die wenpaar (middel) Esther Verburg en Jackie Etzold tot die streekfinaal in Augustus deurgedring. Die tweedebeste span (regs) was Michael Tune senior en Michael Tune junior, gevolg deur Regardt Kruger en Andre Visser (links) wat ook in die topdrie was. Twee pryse vir houe naaste aan die pen was op die spel, wat deur Abrie van Wyk (putjie 7) en Ernie Wessels (putjie 17) losgeslaan is. Altesame vyf uitdunrondtes in die reeks word by Omeya gespeel. Foto verskaf



Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article