Wanderers slaan ná rustyd terug om Kudus te oorrompel
FNB Wanderers 1 het Saterdag sy Premierliga-wedstryd op sy tuisveld in Pionierspark met 36-21 teen FNB Kudus 1 van Walvisbaai gewen.
Die Withingste was rustyd met 14-12 agter. Albei spanne het twee drieë in die eerste helfte gedruk, maar die besoekers was eerste oor Wanderers se doellyn met ’n kragtige stormloop deur hul voorspelers.
Die rustydtelling kon moontlik 21-14 in Kudus se guns gewees het. Volgens ’n duidelike foto is ’n drie deur Kudus gedruk, maar dit is nie toegeken nie. Volgens die skeidsregter was die bal deur ’n Wanderers-speler opgehou en nie deur ’n Kudus-speler op die grond geplaas nie.
Hoe dit ook al sy, Wanderers het die gety in die tweede helfte gedraai en met vier drieë nog 24 punte aangeteken. Kudus het met een drie deur Kyle Wentzel geantwoord, wat deur hul losskakel, Aurelio Plato, verdoel is.
Herschell van Wyk, Wanderers se loskopstut, het die enigste geelkaart van die wedstryd ontvang.
Punte
Wanderers
Drieë (6): Jaylon Carew (heelagter, 2), SW Kuhn (senter, 1), Dhale Cloete (flank, 1), Kistings Minyoi (slot, 1) en plaasvervanger André van den Berg (1).
Doelskoppe (3): Wiks Tromp (2) en André van den Berg (1).
Strafdoele: Geen.
Kudus
Drieë (3): Ja-Tamson van der Berg (1), Lloyd Jacobs (heelagter, 1) en plaasvervanger Ray-Shawn Shoombe (1).
Doelskoppe (3): Aurelio Plato.
Strafdoele: Geen.
Wanderers-span
1 Herschell van Wyk, 2 Edward Drotsky, 3 Jayden van Zyl, 4 Kistings Minyoi, 5 Ruan Ludick, 6 Dhale Cloete, 7 JP Campbell, 8 Adriaan Booysen, 9 Dominique Isaacs, 10 Wiks Tromp, 11 Tareekuje Tjipute, 12 Danco Burger (kaptein), 13 SW Kuhn, 14 Jonathan Hanekom, 15 Jaylon Carew.
Plaasvervangers: 16 Obert Nortjé, 17 Ignus Tripodi, 18 Chemigan Beukes, 19 Kyle Nel, 20 Wikus Cowley, 21 Reben Botha, 22 Ray-Eez Feris, 23 André van den Berg.
Hoofafrigter: Darryl de la Harpe.
Kudus-span
1 Hillary Mwashi, 2 Jarren Koning, 3 Joshwin Solomon, 4 Adriaan Ludick (kaptein), 5 Sharon Rossouw, 6 Franco Vries, 7 Lezardo Vos, 8 Ja-Tamson van der Berg, 9 Andrew Kearns, 10 Aurelio Plato, 11 Lucio Isaacs, 12 Tonderai Ndudzo, 13 Divan Steyn, 14 Aston Mukwiilongo, 15 Lloyd Jacobs.
Plaasvervangers: 16 Roberto Lensley, 17 Mogamat-Allie Emamdien, 18 Carl William Freygang, 19 Clayton Camm, 20 Alexander Jansen, 21 Ray-Shawn Shoombe, 22 Kyle Wentzel, 23 Cejay Coetzee.
Hoofafrigter: Cameron Langenhoven.
Punteleer: 1 FNB Grootfontein 1 (37). 2 FNB Wanderers 1 (35). 3 FNB United 1 (35). 4 FNB Kudus 1 (26). 5 FNB Unam 1 (19). 6 FNB Rehoboth 1 (16). 7 FNB Dolphins 1 (14). FNB Reho Falcons 1 (9). FNB Western Suburbs 1 (1). - [email protected]



Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article