United wag vir Wanderers

Klubrugby
Die rugbyklubs FNB Wanderers en Trustco United takel mekaar vanaand by laasgenoemde se Gemsbokpark-veld in Olympia in hul JSB Gold Cup-bepaling wat voor die onlangse langnaweek uitgestel was. Met net ‘n enkelrondte wedstryde tussen die topses klubs in die land is daar vir beide baie op die spel in die wedloop om in die toptwee posisies vir die eindstryd te kwalifiseer. Wanderers (vierde met 13 punte ná drie wedstryde) en United (vyfde met 8 punte ná drie wedstryde) het elk ‘n wedstryd minder gespeel as die voorlopers FNB Grootfontein (19 ná vier), FNB Unam (16 ná vier) en FNB Kudus (13 ná vier). Sake begin met die tweedespanne se wedstryd om 18:30, voor die premierligaspanne se afskop om 20:15. Foto Floris van Schouwenburg

Comments

Namibian Sun 2025-09-06

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment