Tara-toere in die rooilyn
Die 56ste Shell V-Power Tara-tydren word vanjaar weer oor drie dae, 17 spesiale sneldele en 181,2 kilometer beslis. Twintig spanne het vir die 2026-uitgawe ingeskryf – vier meer as verlede jaar.
Die eerste twee opwindende supersneldele spring vanaand om 20:00 by die Tony Rust-renbaan weg. Twee spanne durf mekaar gelyktydig op die baan van net meer as vier kilometer aan en bied uitstekende vermaak vir motorsportentoesiaste.
Vrydagoggend skuif die aksie na Rehoboth, waar sewe spesiale sneldele oor 109,26 kilometer gejaag word.
Saterdag keer die spanne terug na Windhoek, waar die laaste agt spesiale sneldele oor 63,86 kilometer afgehandel word. Die laaste drie sneldele is suid van Elisenheim, naby die treinspoor, waar toeskouers die aksie van naby kan volg.
Wat het in 2025 gebeur?
’n Besonderse mylpaal is tydens die 55ste uitgawe aangeteken toe 15 van die 16 inskrywings in die sedan- en uitdaagtydrenafdelings die Tara suksesvol voltooi het.
Wilro Dippenaar en sy navigator, Carolyn Swan, het die S4-klas gewen en ook die sedan-afdeling algeheel ingepalm. Ruaan Viviers en sy navigator, Cecil Koorts, het op hul beurt die CR2-klas gewen en die uitdaagtydren algeheel oorheers.
Dippenaar, die verdedigende Tara-kampioen, het met sy PZN Panelbeaters 4x4 Ford Fiesta R5 oor drie dae en 17 spesiale sneldele geseëvier. Hy het 11 van die 17 sneldele gewen en in 2 uur 4 minute 22 sekondes klaargemaak.
Allan Martin en Marieta Olivier (J&P Hydraulics 4x4 Škoda Fabia R5) was tweede, met Stefanie Botha en Mandi Landsberg derde in hul 4x4 Subaru Impreza STi.
Algeheel vierde en eerste in die S2-klas was Zachary Martin en Anique Schoeman met hul J&P Hydraulics 2x4 VW Polo, gevolg deur Wido Bartsch en Raymond Fourie in ’n Safewear 2x4 VW Polo. Peer Röhm en Piet Steyn was derde in die klas met hul Squamata 2x4 Ford Escort MK2.
In die S1-klas het Pieter Greeff en JP Robinson met hul Seal Consulting Engineers Toyota Corolla gewen nadat DeWet du Plessis en Morné Bouwer weens meganiese probleme moes onttrek.
Uitdaagtydren
CR2
Slegs 23 sekondes het Ruaan Viviers en Etienne van der Heever van mekaar geskei.
Viviers en Koorts het met hul CDC Solutions CC V8 Renault Duster in 2:11:33 gewen, terwyl Van der Heever en Willy van Wyk met hul EPC V8 BAT Venom tweede was in 2:11:56.
Werner Bartsch en Christel Fourie was derde in hul Safewear V8 Land Rover.
CR1
Ekko Eisenberg en Horacio Rietz het met hul M&Z Motorsport 2x4 V8 JAC in 2:30:19 gewen.
SJ Schoeman en Chané Havenga was tweede in hul Toyota Hilux, met Chrizelda Engels en Ruan de Lange derde in hul Auto Care Centre V8 Nissan Hardbody.
2026-inskrywings
S4: Wilro Dippenaar/Carolyn Swan (Ford Fiesta), Wido Bartsch/Raymond Fourie (Toyota Yaris).
S3: Micheal Kotze/Darius Kotze (BMW E36).
S2: Zachary Martin/Anique Schoeman (VW Polo).
S1: Pieter Greeff/JP Robinson (Toyota Corolla), Kai Pretorius/Oliver Pretorius (Toyota Corolla), Stefan Bartsch/Guillaume Visser (VW Polo), Donovan Vermaak/Len Fölscher (Toyota Corolla).
CR3: Ruaan Viviers/Cecil Koorts (Century CR6), Mathys Pretorius/Anja Pretorius (Renault Duster), Rian Kritzinger/Dalton Bezuidenhout (Ford Ranger), Paul Ackermann/Walter Kinnear (Sandmaster), Steven Marnevick/Roché Louw (Zarco).
CR2: Stefan Labuschagne/René Botha (JAC), Werner Bartsch/Christel Fourie (Land Rover).
CR1: Ekko Eisenberg/Horacio Rietz (JAC), Michael Rust/Chantell Taljaard (Nissan NP300), Chrizelda Kritzinger/Ruan de Lange (Nissan Hardbody), Rossouw Bezuidenhout/Michael Maritz (Toyota Hilux), SJ Schoeman/Chané Havenga (Toyota Hilux).
Vanjaar se sneldele
Donderdag (Tony Rust-renbaan)
- SS1 en SS2: 4 km elk vanaf 20:00.
Vrydag (Rehoboth)
- SS3 Reho Wes 1 – 8,5 km
- SS4 Bahnhof – 11,86 km
- SS5 Sentrum 1 – 32,37 km
- SS6 Klein Aub 1 – 7,83 km
- SS7 Reho Wes 2 – 8,5 km
- SS8 Klein Aub 2 – 7,83 km
- SS9 Sentrum 2 – 32,37 km
Saterdag (Windhoek)
- SS10 Stables – 4,47 km
- SS11 Eros Lughawe 1 – 12,57 km
- SS12 M&Z 1 – 7,87 km
- SS13 Savanna 1 – 6,26 km
- SS14 Eros Lughawe 2 – 12,57 km
- SS15 M&Z 2 – 7,87 km
- SS16 Savanna 2 – 6,26 km
- SS17 VDP – 5,99 km
Totale afstand: 181,2 km.



Comments
Namibian Sun
No comments have been left on this article