• Home
  • Sport
  • Skolehokkieliga 2024 kan een van die bestes nóg wees

Skolehokkieliga 2024 kan een van die bestes nóg wees

Hokkie
Privaatskool Swakopmund se seuns was vierde by 'n groot toernooi in die Kaap en het die gesamentlike voorste doelskieter opgelewer.
Andrew Poolman
Die afrigter Johann Weyhe was nog altyd 'n uitsonderlik positiewe kommentator oor Namibiese hokkie in die algemeen, maar sy opsomming van laas naweek se Belgotex Fairmont Paasfees-skoletoernooi in Kaapstad is nietemin in die oortreffende trap.

“Ek het nog nooit tevore Namibiese skolehokkie op so 'n gesonde vlak as nou gesien nie.”

Vyf skole van Namibië se seunspanne en drie meisiespanne het meegeding in die reusetoernooi met 40 skole in beide die afdelings, wat Suid-Afrika se topskole ingesluit het.

Die uitmuntende vierde posisie van Privaatskool Swakopmund (PSS) se seunspan was die kersie op die koek van die Namibiese aanslag, sê Weyhe. Hy self was betrokke as afrigter van Windhoek Hoërskool se seuns, wat met 'n skrale onderskeid van twee in doelverskil die topagt misgeloop het op pad na hul eindposisie van 13de.

“Op internasionale vlak en ook op skolevlak staan Namibië geensins vir Suid-Afrika terug nie, al is ons soveel minder hokkieskole,” sê Weyhe.

“WHS en PS Swakopmund het bykans identies gevaar met drie gewen en een gelykopwedstryd. Indien WHS in ons groepwedstryde twee meer doele aangeteken het, sou ons in die kwarteindronde teen die einste PSS te staan gekom het.

“My wyse raad aan alle hokkiespanne is dus dat ons geleer het om altyd voluit te speel tot die eindfluitjie blaas.”



PSS SE WEDSTRYDWENNER

Die Swakopmund-skool beskik nie eens oor 'n eie hokkiebaan met 'n kunsoppervlak nie (Weyhe wonder of hulle by hul buurskool Pro-Ed oefen), maar hulle het “briljante spelers”.

“Hul uitstaande speler was James de Jager. Hy is eenvoudig dodelik voor die doelkas. Ons moet hom onder 'n skuilnaam laat speel, anders koop Suid-Afrika hom.”

De Jager het inderdaad geen geheim gemaak van sy talent nie en was die gesamentlike voorste doelskieter in die seunstoernooi met elf treffers.

De Jager sê: “Om vierde te eindig, was vir ons 'n groot verrassing. Laas jaar het ons 25ste klaargemaak.

“Hierdie jaar het ons goed begin en ons eerste drie wedstryde gewen – met 2-0 teen Stirling van Oos-Londen, 4-0 teen Middelburg en 2-1 teen Hugenote. Ons 3-3 gelykopwedstryd was genoeg om boaan ons groep te eindig.

“Ons kwarteindstryd teen Outeniqua was taai. Beide spanne kon nie eintlik ritme vind nie, maar ons het met 2-1 gewen.

“Ons semifinaal was teen Paarl Gimnasium, wat vanjaar die toernooi vir die derde keer op 'n streep gewen het. Vir ons was dit 'n verskriklike wedstryd wat ons met 1-9 verloor het.

“In die bronsfinaal teen Stellenburg het ons ook gesukkel en met 1-3 verloor om vierde te eindig. Hoewel ons nie 'n medalje gewen het nie, het ons ons verwagtinge oortref en deurentyd goed presteer.”

De Jager en drie spanmaats – Dillan Sinclair, Nelson Nseu en Daniel de Wet – se vertonings het sodanig beïndruk dat hulle name in die Belgotex All-Star droomspan van die toernooi uitgelees is.

PSS was onder Sumari Jans as hul afrigter.



WHS EINDIG STEWIG

WHS se groepwedstryde het met oorwinnings met 3-0 teen Oudtshoorn, 2-1 teen Monument en 3-0 teen HS Stellenbosch begin. Hierna het hulle met 0-0 teen die gasheerskool Fairmont gelykop gespeel.

“Daai Stellenbosch-wedstryd is die een wat ons verder moes gewen het om deur te gaan,” reken Weyhe.

“Die Fairmont-wedstryd was vir my een van die bestes in die toernooi. In die gelaaide atmosfeer teen die geweldige steun wat die gasheerskool geniet het, het WHS se seuns baie goed gereageer.”

Hul enigste nederlaag was in die plaatafdeling se kwarteindstryd, met 1-2 teen Paarl. Die uitspeelwedstryd vir 13de was 'n mini-internasionale wedstryd teen St. John’s van Zimbabwe. Laasgenoemde het die knoop met 1-0 deurgehaak.

Vier WHS-seuns het toekennings as speler van die wedstryd behaal, naamlik Josh Hatton-Jones (twee keer), Pieter Page, Mark Wallace en Rylan Bombosch.

St. George’s se seunspan het ook in die tophelfte (16de) geëindig. Keon Azadeh (twee keer), Liam Bruys en Lyle Bruys het toekennings as speler van die wedstryd behaal, terwyl hul eindtelling net 0-5 teen Paarl Gimnasiium in sy opmars na die titel was.





GIM SE MEISIES BLINK UIT

Windhoek Gimnasium se eerste meisiespan se 16de eindposisie uit 40 spanne was 'n hoogtepunt vir die Namibiese skole.

Drie oorwinnings (6-0 teen Rustenburg, 3-0 teen Settlers HS van Bellville en 3-0 teen Oudtshoorn) en 'n nederlaag met 0-3 teen Paarl Girls High se B-span het die rooi en swart in die plaatafdeling geplaas.

'n Naelbytstryd in die plaatafdeling se kwarteindronde het met 1-1 gelykop geëindig, voor die Windhoekers die valbylstryd met 2-3 verloor het. Verdere nederlae met 1-2 teen DF Malan en met 0-2 teen Wynberg Girls het hul eindposisie van 16de bevestig.

“Daai eerste wedstryd was een van ons beste vertonings. Ons het met vryheid gespeel en geen druk op onsself geplaas nie,” sê die Gim-afrigter Kagiso Mosiane.

Hy sê die kaptein Anneke Higgs en onderkaptein Kyla Landsberg, wat beide tussen voorspeler en die middelveld kan afwissel en die middelveldspeler Nicola Fourie was uitstaande.

Gimnasium het 'n baie jong span, sê hy, maar hulle sien uit na die jaarlikse interhoër teen WHS, vanaf 16 tot 20 April by Gimnasium, met al die hokkiewedstryde bestem vir Vrydag die 19de.

St. George’s en Pro-Ed se meisiespanne het ook in die Kaap deelgeneem, maar minder sukses behaal.

WHS se eerste meisiespan het gister na Johannesburg vertrek om in St. Mary’s se hokkietoernooi deel te neem.



TOER MEER, SPEEL MEER

Weyhe sê die Namibiese skole se prestasies was ondanks die groot nadeel dat die Kaapse wedstryde hul eerste vir die seisoen was. “Feitlik al ons opposisie het reeds tussen 20 en 30 wedstryde vanjaar gespeel.”

Die gesoute WHS-afrigter sê die Namibiese skolehokkieliga wat oor twee naweke begin, gaan 'n strawwe kompetisie afgee waarin geen span seker kan voel van wenpunte sonder 'n stryd nie.

“Indien Walvisbaai Privaatskool, St. Paul’s en Windhoek Affies ook volgende jaar spanne vir die groot toernooie in Kaapstad of Johannesburg kan inskryf, kan die Namibiese aanslag net al hoe sterker word.”

Comments

Namibian Sun 2024-05-09

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 14° | 33° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 19° | 33° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 15° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:06, High tide: 04:02, Low Tide: 22:18, High tide: 16:30 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 04:00, Low Tide: 22:16, High tide: 16:28 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 03:59, Low Tide: 22:16, High tide: 16:27 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 12° | 22° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 10° | 18° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 15° | 28° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 11° | 22° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 17° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 13° | 16° Durban: 20° | 33° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.09 | EUR to NAD 19.89 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.54 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.21 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1404.8 | USD to ZAR 18.53 | USD to ZMW 27.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13418.67 Up +0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 328.11/OZ UP +0.83% | Copper US$ 4.51/lb UP +0.28% | Zinc US$ 2 908.40/T DOWN -0.1% | Brent Crude Oil US$ 84.67/BBP UP +0.46% | Platinum US$ 977.14/OZ UP +0.30% Sport results: Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 14° | 33° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 19° | 33° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 15° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:06, High tide: 04:02, Low Tide: 22:18, High tide: 16:30 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 04:00, Low Tide: 22:16, High tide: 16:28 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 03:59, Low Tide: 22:16, High tide: 16:27 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 12° | 22° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 10° | 18° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 15° | 28° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 11° | 22° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 17° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 13° | 16° Durban: 20° | 33° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.09 | EUR to NAD 19.89 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.54 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.21 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1404.8 | USD to ZAR 18.53 | USD to ZMW 27.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13418.67 Up +0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 328.11/OZ UP +0.83% | Copper US$ 4.51/lb UP +0.28% | Zinc US$ 2 908.40/T DOWN -0.1% | Brent Crude Oil US$ 84.67/BBP UP +0.46% | Platinum US$ 977.14/OZ UP +0.30%