• Home
  • Sport
  • Ngannou en Joshua gryp wêreld se verbeelding aan

Ngannou en Joshua gryp wêreld se verbeelding aan

Boks
Die MMA-reus van Kameroen geniet heelwat steun wat reken hy het verdien om teen Tyson Fury te wen nadat hy hom platgeslaan het.
Tielman Van Lill
Die lank verwagte swaargewigboksgeveg by die Kingdom-arena in Riyad tussen ’n voormalige wêreldkampioen en ’n gevaarman van die Ultimate Fight Championship (UFC) het die bokswêreld in rep en roer.

Geesdriftiges wêreldwyd se aandag sal vanaand in Saoedi-Arabië in groot afwagting op die hoofgeveg oor tien rondes tussen Anthony Joshua en Francis “The Predator” Ngannou (37) gevestig wees.

’n Sensasionele uitklop-oorlog van formaat word tussen Joshua (30 gevegte, 27 seges, 3 verloor, 24 uitklophoue) van Brittanje en Ngannou (0-1) van Kameroen deur kenners voorspel.

Die 34-jarige Joshua staan 1.98 meter in sy sokkies en was tot 1 Junie 2019 die wêreldkampioen van die Internasionale Boksfederasie (IBF), Internasionale Boksorganisasie (IBO), Wêreldboksvereniging (WBA) en Wêreldboksorganisasie (WBO).

Hy het toe sy titels in die sewende ronde met ’n tegniese uitklophou teen Andy Ruiz van die VSA verloor. Ruiz moes egter ses maande later sy titels aan Joshua teruggee toe die Brit in ’n eenparige puntebeslissing (118-110, 119-109, 118-110) oor 12 rondes met sy steekhou in beheer van die afstand gebly het.

’n Jaar later het Joshua sy titels teen Kubrat Pulev van Bulgarye met ’n uitklophou in die negende ronde suksesvol verdedig. Die verskyning van Oleksandr Usyk (Oekraïne) vanaf junior swaargewig het nie goeie nuus vir Joshua ingehou nie.

Usyk klop Joshua op 25 September 2021 eenparig met punte oor 12 rondes in Engeland. Die Oekraïener verdedig sy titels in ’n herontmoeting teen Joshua in Jeddah waar hy die Brit opnuut met 113-115, 116-112 en 115-113 uitoorlê.

Usyk plaas sy titels is op 18 Mei op die spel wanneer hy en Tyson Fury van Brittanje in die einste Riyad deur die toue klim. Fury se eie wêreldtitel van die Wêreldboksraad (WBC) sal ook vir Usyk beskikbaar wees.

Ngannou het sy eerste professionele swaargewigboksgeveg in Oktober 2023 teen Fury in Riyad gehad, wat as die “Battle of the Baddest” bekend was. Hy het Fury in die derde ronde met ’n linkerhaakhou platgeslaan, maar die geharde Fury het opgestaan en die nie-titelgeveg naelskraap oor tien rondes met 94-95, 95-94 en 96-93 beklink.

Ná sy uitstappie teen Fury het die WBC Ngannou onmiddellik as sy tiende beste swaargewigbokser op sy wêreldranglys gereken.

Dat Ngannou (1.93 m) ’n monster met buitengewone slaankrag is, is nie te betwyfel nie. Hy was lank die UFC se onbetwiste MMA- wêreldswaargewigkampioen. Ngannou spog met 20 UFC gevegte waarvan hy drie verloor het.



YSTERVUISTE

Ngannou was as die mees vernietigende slaner in die UFC se swaargewigklas beskou. Net vyf van sy dertien UFC-gevegte het die twee minute-kerf in die eerste ronde oorleef.

Die UFC en Ngannou kon in Januarie 2023 nie hul griewe beredder nie en die Kameroener is van sy titel gestroop, waarna hy hom tot boks gewend het.

Op 16 Mei 2023 is aangekondig dat Ngannou ’n multi-geveg-ooreenkoms met die Professional Fighters League (PFL) onderteken het. Hy veg op hul betaalkanaal se ”supergeveg”-afdeling, terwyl hy steeds vry is om in ander sportsoorte soos boks mee te ding.

Ngannou het aan SportsCenter gesê: “Ek sal wel na MMA terugkeer; wanneer presies weet ek nie. Ek dink alles hang van my geveg teen Joshua af.

“Ek is nog nie klaar met my MMA-loopbaan nie. Ek geniet boks en wil my boksdroom najaag. Dis wel ’n nuwe wêreld vir my, maar dit sal ook lekker wees om by MMA terug in my gemaksone te wees.”



OP DIE NUUSKONFERENSIE

Die bekgeveg was maar flouerig en meestal respekvol by ’n volgepakte mediakonferensie in Riyad.

Ngannou het die vegknopers en vir Joshua (AJ) bedank en op sy vorige geveg teen Fury uitgebrei. Hy het ook vir Fury bygekom wat teenwoordig was en gesê hy sal Fury graag weer wil klop.

“Ek dink nie ek het die wêreld met my geveg teen Fury geskok nie. Ek is nog in die fabriek en leer nog hoe om op topvlak te boks. As ek gereed is, sal ek die wêreld kan skok.

“Teen AJ sal ek die geringste kans afrond; ek sal geen kans vir ’n uitklophou laat verbygaan nie. AJ se styl is nie Fury nie en die geveg sal veel anders wees. Ek glo in myself, maar ek kan nie die uitslag van die geveg beheer nie. Ek sal wel geen steen onaangeroer laat om AJ te klop nie.”

Aan Fury was sy boodskap: “Ek gaan die kryt met jou (bliep) vee. Daar was bloed in die kryt en sal dit weer met jou (bliep) wil vee. Die enigste manier hoe jy my dalk kan klop, is in die bokskryt. Verder is jy elke dag kanonvoer vir my. Jy is niks vir my nie,” het Ngannou gesê.

Joshua het gesê: “Ek is nie op pad uit boks nie; ek is met my terugkeer besig. Teen Ngannou gaan ek genadeloos wees om te wen. Ngannou is welkom om my te probeer uitslaan, maar dit sal nie gebeur nie ek gaan hom ’n boksles gee.”

Kevin Lerena (30-2, 14 uitklophoue) van Suid-Afrika sal as swaargewig in die hoofvoorgeveg teen Justis Huni (8-0, 4 uitklophoue) van Australië in aksie wees.

[email protected]

Comments

Namibian Sun 2024-05-10

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.42 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.99 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.42 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 368.98/OZ UP +0.95% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.15% | Zinc US$ 2 950.30/T DOWN -0.21% | Brent Crude Oil US$ 83.39/BBP DOWN -0.0151 | Platinum US$ 995.60/OZ UP +1.04% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.42 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.99 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.42 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 368.98/OZ UP +0.95% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.15% | Zinc US$ 2 950.30/T DOWN -0.21% | Brent Crude Oil US$ 83.39/BBP DOWN -0.0151 | Platinum US$ 995.60/OZ UP +1.04%