• Home
  • Sport
  • Bekroonde individue ná My Zone NSSR-finale

Bekroonde individue ná My Zone NSSR-finale

Skolerugby
Andrew Poolman
In afgelope Vrydag en Saterdag se eindstryde van die My Zone skolerugbyseisoen was altesame 13 skole in die 16 wedstryde betrokke, wat vanaf die ouderdomsgroepe onder-11 tot o.19 gestrek het.

Die betrokke skole van buite die hoofstad was Walvisbaai Privaatskool (twee spanne), die Grootfontein Rugby-kombinasie, Tsumeb Gimnasium, M&K Gertze (twee spanne) en Dr. Lemmer as Rehoboth se twee verteenwoordigers; De Duinesig van Walvisbaai, en OK Foods Moria Privaatskool se Bere, waarby spelers van Otjiwarongo ook ingesluit was.

“Beukes” was een van die mees algemene vanne, met 15 spelers vanaf o.11 tot die o.19 Superliga.

“Van Wyk” het egter die meeste verskyn met 28 seuns en vyf lede van afrigterspanne. Dit is sonder spanne wat reeds voor die eindstryde uitgeskakel is, en sonder om iemand soos die WBPS Naartjies se eerstespansenter Baron van Wyk by te tel, wat vanweë ‘n besering nie op die spanlys was nie.

Comments

Namibian Sun 2025-09-14

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment