Waar vriende familie word

’n Privaatskool op Okahandja is trots op sy Christelike waardes waarmee onder meer sterk vriendskapsbande gesmee word.
ELIZABETH JOSEPH
Mariselle Stofberg

Berg-Op Akademie is meer as net ‘n skool. Dit bied ’n veilige hawe waar leerlinge gehalte-onderrig ontvang en die geleentheid kry om hulself te vind.

Die skool het sy deure op 16 Januarie 2008 geopen. Dit het sy ontstaan te danke aan die stigters, mnre. Andre Berg en Willem Opperman, wat die behoefte opgemerk het vir ’n privaatskool op Okahandja waar kinders individuele aandag kan kry.

Die skool se naam is ’n kombinasie van die stigters se vanne.

Berg-Op Akademie beskou hulself as ’n familie wat saambou aan die toekoms van kinders, met die Bybel as die grondslag waarop die skool gevestig is.

Mnr. Piet Greeff is sedert die skool se ontstaan die skoolhoof. “Van dag een af was Berg-Op na aan my hart, want dit waarin ons glo, word in die skool toegepas. Die onderwysers en leerlinge het dit van die begin af so maklik gemaak om lief te wees vir die skool, want liefde straal uit hulle uit.”

Volgens mnr. Barend Koch, die voorsitter van die skool se beheerraad, streef Berg-Op na net die beste onderrig vir hul leerlinge.

“Om gehalte-onderrig te kan gee, is individuele aandag en tyd vir kinders noodsaaklik. Daarom is ons klasse kleiner. Ons bied ook ’n program buite normale skoolure aan vir kinders om selfs verdere individuele aandag te kan kry,” het hy gesê.

Berg-Op het tans ongeveer 200 leerlinge en 23 onderwysers in die laer- en hoërskool. Dit bring die skool se gemiddeld op ongeveer nege kinders per onderwyser wat verseker leerlinge ontvang die beste onderrig en individuele aandag.

“Ons onderwysers is nou betrokke by ons kinders en kan ook enige probleme vinnig opmerk. By Berg-Op kan ‘n kind nie maklik in die massas verdwyn nie, want hier is ons baie meer persoonlik betrokke by mekaar. Moderne en innoverende onderrigmetodes en die ideale leeromgewing is ook baie belangrik. Ons is ook in samewerking met ons vennote uit Finland om hierdie aspekte op die Namibiese kurrikulum toe te pas en sodoende ’n nuwe standaard vir onderrig in Namibië te help bou,” het Koch gesê.

Die Finse onderrigmetodes fokus daarop om kinders meer kreatief te laat leer en buite die boks te kan dink om probleme te kan oplos. “In die moderne toekoms waarvoor ons ons kinders opvoed, gaan dit ’n belangrike rol speel in hulle sukses. Daar word ook sterk klem op groepswerk as deel van die onderrigproses en selfstandigheid geplaas,” het Koch gesê.

Die skool se e-leerprogram en die beplande robotika-kurrikulum vorm ook deel van hierdie proses. “Ons berei ons leerlinge nie net akademies voor nie, maar ook vir die lewe ná graad 12 en hoe hulle probleme moet hanteer in ’n moderne wêreld.”

Koch het ook bevestig die skool is tans besig om moderne e-leerstelsels te toets wat onder meer aanlyn huiswerk, take en evaluering insluit. “Ons het die vak ‘Design and Technology’ geïdentifiseer wat baie toekomsgerig is. Ons beoog om addisionele periodes hieraan toe te ken waarin kinders ekstra en relevante praktiese opleiding gaan kry.”

Verskeie veranderinge en herstelwerk is ook onlangs aan die skool gedoen.

“Ons het met die hulp van kinders, ouers, onderwysers en ander vrywilligers die skool in twee dae heeltemal verander. Ons het odner meer binne en buite geverf. Spesifieke aandag is gegee aan die gebruik van kleure in klaskamers wat help om die regte area van die brein te stimuleer na gelang van die vak wat in die klaskamer aangebied word,” het Koch gesê.

Die beligting binne die klaskamers is ook verander na ligte met ’n ligfrekwensiespektrum wat daglig simuleer, met navorsing wat bewys dat dié die beste resultate in ’n leeromgewing lewer.

“In samewerking met ons sport- en kultuurvennote op die dorp bied Berg-Op ’n hele aantal sport- en kultuuraktiwiteite vir ons leerlinge aan. Dit behels onder meer atletiek, rugby, netbal, krieket, tennis, stoei, boogskiet, dans, vlugbal, skaak, drama en koor,” het Koch gesê.

Van die skool se prestasies sluit in die o.13-rugbyspan wat die nasionale ligawenners is, die o.13- en o.14-seunstennisspanne wat nasionale kampioene is, asook ’n derde plek vir hul o.14-meisiespanne wat aan die FNB-skoleliga deelgeneem het

Verder spog die skool ook met uitstekende prestasies in stoei tydens die Nasionale Namibiese Stoeikampioenskappe. Hier behaal die skool se leerlinge tweede plekke in die afdelings 24 kg, 27 kg, 34 kg en 43 kg. Leerlinge behaal ook eerste plekke in die afdelings 20 kg, 38 kg en 67 kg..

Ná die Napso Kultuurfees spog die skool ook twee goue medaljes vir dans, met van die hoogste punte van die fees. By die Nasionale Namibiese Boogskietkampioenskappe het die junior span van Berg-Op Akademie brons ontvang, asook silwer in die algehele junior kampioen-afdeling.

“Ons gaan voort om met goed gekwalifiseerde onderwysers ons leerlinge akademies goed toe te rus, maar ook om ons leerlinge deur ons Christelike beginsels voor te berei om goeie en volwaardige landsburgers te wees,” het Greeff gesê.

Comments

Namibian Sun 2024-04-25

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.72 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.23 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.08/OZ UP +0.42% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.59% | Zinc US$ 2 860.10/T UP 1.92% | Brent Crude Oil US$ 88.03/BBP UP +0.04% | Platinum US$ 903.48/OZ UP +0.15% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.72 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.23 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.08/OZ UP +0.42% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.59% | Zinc US$ 2 860.10/T UP 1.92% | Brent Crude Oil US$ 88.03/BBP UP +0.04% | Platinum US$ 903.48/OZ UP +0.15%