San en Duitse kinders via internet verbind
San en Duitse kinders via internet verbind

San en Duitse kinders via internet verbind

Rovaldo Kavanga
Tanja Bause



’n Skool in Mangetti Dune en in Keulen in Duitsland is al sowat twee jaar deur die internet verbind. Die gekombineerde skool Mangetti Dune wat 235 kilometer vanaf Grootfontein geleë is en die privaat skool St. George’s in Duitsland is sedert Februarie 2020 verbind en leer van mekaar. Dit is moontlik gemaak deur die Duitse nie-regerings-organisasie Hand-in-Hand for Africa wat al vir die afgelope 15 jaar verskeie projekte in Mangetti Dune ondersteun.

Volgens mnr. Alan Corrigan van Hand-in-Hand het hulle alreeds drie jaar terug met die plan vorendag gekom om die onderwys sisteem in Mangetti Dune deur middel van internet te ondersteun. Hulle met ’n besigheid in Otjiwarongo in verbinding getree en uitgevind dat dit moontlik is.

“Ons het met St. George’s gepraat en hulle was mal oor die idee. Saam het ons sowat N$160 000 vir die projek ingesamel en die besigheid van Otjiwarongo het die verbinding met die satelliet geïnstalleer sodat ons goeie klank en tv beeld het. Dit was in Februarie 2020.”

Weens Covid-19 kon die sisteem nie tot sy volle potensiaal gebruik word nie omdat skole in Namibië asook in Duitsland in hoktye was.

“Ek hoop dat dinge nou terug na normaal keer en dat baie meer met die sisteem gedoen kan word. Dit is ’n fantastiese opleidings en leer program waar die kinders nie net oor hulle kulture, lewens, lande en so kan gesels nie, maar ook waar die ouer kinders in Keulen die jonger kinders in Mangetti Dune met vakke waarin hulle sukkel soos wiskunde en wetenskap kan help. Die program is so ver ek weer al een of twee keer in Namibië self gebruik, maar dit is die eerste keer dat dit oor die see heen vir lande en mense verbind.”

Me. Menesia Gomes skoolhoof van die gekombineerde skool Mangetti Dune sê onderwysers gebruik die program as ’n bykomende hulpbron om kinders byvoorbeeld video’s, kaarte, stories en die wêreld te wys.

“Dit word ook gebruik om kommunikasie vaardighede van ons leerlinge en onderwysers te bevorder deurdat hulle met Duitsland kommunikeer. Ons het ook nie ’n wetenskap laboratorium en die onderwysers gebruik die sisteem om vir leerlinge video’s in die verskillende onderwerpe te wys. Op die slimbord word gewone klasse aangebied asook ekstra klasse in die namiddae.”

Volgens haar was die opwinding op 25 Februarie 2020 baie groot toe hulle die eerste keer met die Duitse kinders gekommunikeer het.

“Vrae is heen en weer gestel en vriendskappe is gevorm. Covid-19 het dit bietjie gedemp, maar die kinders is terug by die skool en ons sal nou weer met die leerlinge in Keulen daagliks kommunikeer en van mekaar leer.”

Die skool het 613 leerlinge en leerlinge van graad 4 tot 9 baat by die program.



Alan Corrigan van Hand-in-Hand for Africa en ’n leerling van die privaatskool St. Geroge’s in Keulen/Duitsland gesels met onderwyser Vernon Mazila en leerlinge van die gekombineerde skool Mangetti Dune in Namibië. Foto Tanja Bause

Comments

Namibian Sun 2024-04-20

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!