Opstelkompetisie bly langer oop

06 April 2021 | Youth

BW Kudu, die maatskappy wat die Kudugasveld ontwikkel, het bekendgemaak dat graad 9- to 12-leerders nog tot 15 Junie vir die BW-opstelkompetisie mag inskryf.

Die kompetisie in samewerking met die Nasionale Petroleumkorporasie van Namibië (Namcor) en die ministerie van energie is op 1 Maart van stapel gestuur met die tema “Hoe ontwikkel ons ons aardgasbronne die beste vir die toekoms van Namibië?”

Die uitstel van die sperdatum kom vanweë ’n lae aantal inskrywings en skole wat tot dusver deelneem. Die lae getalle word aan die impak van die Covid-19-pandemie op leerders toegeskryf.

Die kompetisie word gedryf deur ’n begeerte om belangstelling in energieverwante kwessies en wetenskaplike vakke onder Namibiese leerders te kweek.

Die doel is om leerders die geleentheid te bied om hul bewustheid van die olie- en gassektor in die nasionale ekonomie te verhoog, en die potensiële voordele van koolwaterstof (natuurlike gas) te ondersoek en ontwikkel.

Leerlinge word aangemoedig om hul inskrywings in te stuur aan [email protected] in die vorm van ’n opstel van 1 000 woorde of ’n kort twee minute video, podsending (podcast), plakkaat of animasie en sodoende die die kans te staan om wonderlike pryse te wen.

Altesaam 14 wenners word gekies (een wenner uit elke streek) wat elkeen ’n bedrag van N$3 000 ontvang – plus ’n bykomende N$4 000 vir hul skool.

Die topdrie wenners ontvang boonop elk ’n splinternuwe skootrekenaar. Die prysuitdeling sal na verwagting middel Julie plaasvind.

"Ons voel dit is belangrik om hierdie veldtog langer te laat loop om aan diegene wat belangstellende om deel te neem ’n regverdige kans te gee om in te skryf,” sê die hoofbestuurder van BW Kudu, mnr. Klaus Endresen.

Namcor se uitvoerende beampte vir stroomop-ontwikkeling (executive upstream development), mnr. Manfriedt Muundjua, voel sterk die kompetisie sal leerlinge baie bevoordeel.

“Deur hul navorsing oor die onderwerp sal leerders meer insig oor die aardgashulpbronne in Namibië kry.

“Ons versoek alle onderwysers om hul leerders aan te moedig om aan die kompetisie deel te neem. Die toekoms van die energiebedryf lê in ons jongmense, so kom ons ondersteun en lei hulle terwyl hulle nog jonk is,” beklemtoon die petroleumkommissaris in die ministerie van myne en energie, me. Maggy Shino.

Verdere inligting oor die kompetisie is beskikbaar by: www.kuduessay.com of Dananai kan by 061 401 877 of e-pos [email protected] bereik word.

Similar News

 

FlyWestair takes hands with SPES charity

1 day - 05 May 2021 | Youth

FlyWestair inaugurated its new Wednesday flight to Ondangwa by welcoming six children from the Step out of Poverty through Education, Encouragement and Support (SPES) charity...

Somethings are weird and wonderful, but this is just...

1 week ago - 27 April 2021 | Youth

1. ApotemnophiliaDid you ever hate the way your one leg is longer than the other? If you suffer from...

99 Problems, Mental Health Doesn’t Have to Be One

1 week ago - 27 April 2021 | Youth

Jeanette DiergaardtDoes joining Instagram for a healthy mental state sound absurd to you? Hopefully not for too long… Britney Kotzeé and Cinde-Lee Koopman, fourth-year psychology...

2021 World Water Day prize giving

1 week ago - 27 April 2021 | Youth

Monique AdamsWith the 72nd annual celebration of World Water Day, at least 60 learners from Windhoek schools received trophies, certificates, goodie bags and water bottles...

Tutorific students awarded

1 week ago - 27 April 2021 | Youth

Leandrea Louw Swakopmund Tutorific, a tutoring programme established at Swakopmund, hosted an award ceremony last week to honour their top-performing students. Tutorific was founded in...

Remaining committed despite challenges

1 week ago - 27 April 2021 | Youth

School in Kavango West continues to face numerous trialsMariselle StofbergSitenda Junior Primary School is approximately 36 km from Rundu along the B1 road in the...

National Youth Service trains 12th cohort

1 week ago - 27 April 2021 | Youth

ESTER KAMATIRIETFONTEINThis year, 361 recruits have taken on civic education training through the National Youth Service, while 172 have been enrolled at the centre for...

The Covid-19 vaccine

1 week ago - 27 April 2021 | Youth

Rivaldo KavangaThe introduction of Covid-19 vaccines to Namibia was met with different perceptions by the Namibian population. Some see it as the solution to the...

Beskerm dié sonder 'n stem

1 week ago - 27 April 2021 | Youth

Ongeveer 138 leerlinge het op 22 April aan die “Speak Up for Nature and Connect to Wildlife”-veldtog deelgeneem om hierdie jaar se Aarde-uur te vier.Die...

#BeFree youth against Aids

1 week ago - 27 April 2021 | Youth

#BeFree remains committed to creating safe spaces for the youth to articulate their needs and solutions.#BeFree, in partnership with Youth Against AIDS, engaged in an...

Latest News

Trade surplus with China contracts

11 hours ago | Economics

Jo-Maré Duddy – China remained Namibia’s biggest export destination in March, but unlike a year ago, the destination clinched the top position because of re-exports...

Govt ‘forced’ NTB into Kora...

11 hours ago | Justice

ELLANIE SMIT WINDHOEK The legal team of Kora All Africa Music Awards founder Ernst Adjovi says the Namibian Tourism Board (NTB)...

N$278m payment for Air Namibia...

11 hours ago | Transport

OGONE TLHAGE WINDHOEKGovernment has paid part of N$278 million reserved for ex-gratia payments to...

Africa Briefs

11 hours ago | Economics

Zim inflation to fall to 55%Zimbabwe's central bank said it expects annual inflation to further decline and reach a low of 55% by July.The bank...

Kora exposing political rot

11 hours ago | Opinion

The ongoing Kora trial is not just a civil matter between two parties contesting contractual interpretations and millions of dollars lost.Preliminary evidence points to a...

Pappa Chef winners announced

11 hours ago | Business

Yochanaan Coetzee - The exciting Channel 7 and Checkers Pappa Chef competition is in full swing, with ten excited winners each walking away with N$1...

'Open Namibia-Angola border'

11 hours ago | Economics

The continued closure of the Namibia-Angola border due to measures put in place to combat Covid-19 obstructs the legal free movement of people and goods...

No corruption at fisheries –...

11 hours ago | Ministries

OGONE TLHAGE WINDHOEKNew fisheries minister Derek Klazen says the ministry is not plagued with corruption, contrary to public opinion.He made the comment...

UN highlights midwife shortage

11 hours ago | Health

JEMIMA BEUKES WINDHOEKA recent United Nations (UN) report has raised alarm over a...

Load More