Onderrig in die hartjie van ’n ghoflandgoed

Privaatskool Omeya is op die Omeya-gholflandgoed geleë en bied onderrig wat op uitnemendheid, diversiteit en passie gegrond is aan meer as 60 leerlinge.
Ester Kamati
Mariselle Stofberg

Om skool te gaan in die middel van die natuur, met kinders wat met fietse skool toe kan ry en net ’n klipgooi van die huis af weg is, klink dalk onmoontlik, maar dit is die realiteit van Privaatskool Omeya wat op die Omeya-gholflandgoed 30km buite Windhoek geleë is.

Nie net bied dit gerieflikheid vir inwoners van die landgoed nie, maar hul deure en harte is ook oop vir enige leerling wat deel van die Omeya-familie wil word. Die skool is in 2014 begin met die doel om deeglike opvoeding aan kinders te bied om moreel verantwoordelike en goed aangepaste individue te vorm wat produktiewe lede van die samelewing kan wees.

Die skool is gegrond op die kernwaardes van uitnemendheid, diversiteit en passie en bied onderrig aan leerlinge vanaf graad 0 tot 7. Die skool volg die Accelerated Christian Education (ACE)-kurrikulum wat onderrig bied met ’n persoonlike aanslag wat op die waardes van die Bybel gegrond is.

Die hegte skoolgemeenskap het tans 61 leerlinge, vier onderwysers en twee nasieners.

Janelle du Plessis, een van die graad 7 prefekte, is dankbaar vir die ondersteuning en atmosfeer wat die skool aan die leerlinge bied. “Die onderwysers gee so baie om vir die leerlinge en help jou, maak nie saak wat nie. Die sisteem is uniek en bied ’n ongelooflike leerervaring vir kinders.”

“Ek voel geëerd om verkies te wees tot een van die skool se prefekte. Ek probeer altyd ’n goeie voorbeeld en ’n rolmodel vir ander te wees,” sê Tulipawa Lucas, ook een van die skool se prefekte.

Die skool het hul eie kunsfasiliteite, skoolsaal, kafeteria, speelgrond en verskeie klaskamers. Hulle is ook tans besig om hul sportfasiliteite uit te brei. Buitemuurse aktiwiteite wat die skool aanbied sluit onder meer in boogskiet, tafeltennis Olympic Kids, musiek, dans en kuns.

“Privaatskool Omeya is werklik ’n merkwaardige plek. Ons is passievol oor God, kinders en onderwys. Ons personeel en leerlinge strewe na uitnemendheid in alles wat ons doen. Ons klein skool verwelkom alle leerlinge en ons is trots op ons diversiteit,” sê me. Samantha Visser, die skoolhoof van Privaatskool Omeya.

Me. Almarie Van der Merwe het drie kinders wat deel is van die skool en is dankbaar vir die geleentheid wat dit vir haar en haar gesin bied. “Wat ons die meeste geniet van die skool is die gerieflikheid. Al drie ons kinders elke dag kan met hul fietse skool toe ry. Hulle woon ook die naskoolse program by, omdat ek en my man voltyds in Windhoek werk. Daar kry hulle ’n gebalanseerde ete, die kans om ’n middagslape te neem, doen hul huiswerk en kry die geleentheid om met vriende te speel tot ons hulle kan optel na werk.”

Nog een van die skool se ouers, mnr. Tino Punzul, is dankbaar vir die individuele aandag wat kinders by die skool kan geniet. “Die personeel van die skool is wonderlik. Hulle is passievol oor wat hulle doen en is toegewyd daartoe om vir elke kind die individuele aandag te gee wat hulle verdien. Ons dogter floreer onder hulle onderrig.”

Comments

Namibian Sun 2024-04-20

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!