Nicole Daycare-klaskamer ingehuldig

JUSTISIA SHIPENA
Die huidige Miss Teen Continents, Nicole Landsberg, het verlede week 'n nuwe klaskamer in een van die informele nedersettings in Windhoek amptelik ingehuldig. Die skool is een van die projekte waarvoor sy tydens haar Miss Teen-veldtog geld ingesamel het, en sy is steeds besig om terug te ploeg en die skool te ondersteun. Dié klaskamer is een van twee op die perseel. Die Nicole Daycare is 'n klaskamer waar die jong kindertjies, wat amper skool toe gaan, onderrig ontvang. Lourencia Kapuu, een van die onderwysers, was opgewonde oor die potensiaal van hierdie nuwe skool.

FOTO's MARISELLE STOFBERG

Comments

Namibian Sun 2025-07-06

No comments have been left on this article

Please login to leave a comment