Napso is gereed vir 2020

Propvol program vir Namibiese Privaatskole-organisasie (Napso) 2020

26 November 2019 | Events

Mariselle Stofberg, Evany van Wyk en Iréne-Mari van der Walt

Datums

Saterdag 21 Maart: Napso Akademie-saamtrek en vakvergaderings

Maandag 23 Maart en Dinsdag 24 Maart: Napso Atletiek

27 April tot 1 Mei: Napso-opleiding deur onderwyskundiges uit Suid- Afrika

Dinsdag 26 Mei: Napso Wintersportproewe

Woensdag 27 Mei tot Saterdag 30 Mei: Napso Securitas Privaatskole Sportnaweek

Sondag 16 Augustus tot Sondag 23 Augustus: Napso Sporttoer

Donderdag 24 September tot Saterdag 26 September: Napso Kultuur- en Krieketfees

Sondag 27 September tot Maandag 5 Oktober: Napso Kuns- en Kultuurtoer



Vakvergaderings

In die lig van die vakvergadering wat volgende jaar by Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP) sal plaasvind, beoog Napso om ’n onderwysers-ekspo te skep. Die plan is om motiveringsprekers in te bring om die onderwysers toe te spreek, die invloed van nuwe tegnologie op die onderrigstelsel te bespreek en enige onderrigverwante kwessies aan te roer. Dit gaan beslis een van die hoogtepunte op die Napso-kalender wees.

Securitas Privaatskole Sportnaweek (PSN)

Die gasheer van die Securitas Privaatskole Sportnaweek (PSN) 2020 is Tsumeb Gimnasium. Die organiseerders het besluit op ’n plaastema vir die naweek en die logo is spesiaal deur ? graad 4-leerling van die skool ontwerp. “Volgende jaar gaan nie net fantasties wees nie, maar gimtasties,” het mnr. Wouter Niehaus, die uitvoerende hoof van Tsumeb Gimnasium, gesê.

“Tsumeb Gimnasium is gereed om groot te gaan volgende jaar. Ons het ons eie sportterrein wat ons reeds verlede jaar begin voorberei het. Ons wil hê almal moet reeds van dag een af alles hê wat hulle nodig het om ’n naweek vir die boeke te verseker,” het hy gesê.

Napso-spansamestelling

Op Dinsdag 26 Mei 2020 word die Napso-proewe gehou vir hokkie-, rugby- en netbalspanne in verskeie ouderdomsgroepe. Die Napso-spanne word dan gekies en verwerf Napso-klere. Leerlinge wat deel is van hierdie spanne gaan in 2020 op sporttoere na die Wes-Kaap in Suid-Afrika. By die Pette-geleentheid op die Dinsdagaand word die afrigters en spanbestuurders van elke span aangewys.

Napso Kuns- en Kultuurfees

Dit is vir Privaatskool Moria op Outjo 'n groot voorreg om die 2020 Kuns- en Kultuurfees, asook Krieketfees aan te bied. Die skool en gemeenskap maak gereed om vir elke feesganger 'n onvergeetlike Namibiese bosveldervaring te gee. Fasiliteite word reeds opgeknap en ‘n nuwe krieketveld word deur die Nexus-groep voorberei.

Daar is voldoende verblyf op die dorp en by omliggende lodges, gastehuise en hotelle. 'n Tentedorp met ablusiegeriewe word vir die krieketspanne beplan en daar sal 'n aparte tentedorp vir gesinne opgerig word. Sowat 3 500 mense word verwag.

Die Kuns- en Kultuurfees sal alles binne een blok by die skoolterrein tussen vyf groot lokale en 14 klaskamers aangebied word. Hier sal ook etes, snoepgoed en 'n koffiewinkel beskikbaar wees.

Krieketfees

Die Krieketfees sal plaasvind op die skool se sportterrein en die Ombinda Lodge-krieketveld. Moria stel dus vier krieketvelde beskikbaar vir die Krieketfees.

Moria gaan in 2020 aandwedstryde onder spreiligte hou vir die krieket. By die sportterrein gaan 'n groot tent opgeslaan word waar etes die hele dag te koop aangebied sal word. Van hier af sal kos vervoer word na twee ander verkooppunte by die skool en Ombinda-krieketveld. Braaipakke sal te koop wees en braaiplekke sal om die krieketveld ingerig word om die feestelike atmosfeer te skep wat daar by krieket heers.

Genoeg skaduwee sal verskaf word, geen drank sal toegelaat word nie en toeskouers sal nie eie koelbokse mag inbring nie, maar alles wat jy benodig sal verskaf word teen billike pryse.

Vrydagaand word 'n groot makietie beplan. 'n Verhoog word opgerig in die feestent by die sportterrein. Hier vind 'n steakbraai plaas, terwyl die krieket gespeel en die program vol vermaak vir feesgangers aangebied word. Daar sal onder meer 'n "open mike"-geleentheid wees.

Kultuurfees

Die brugbou, wat jaarliks groot belangstelling wek, se bouwerk sal in kleiner lokale plaasvind. Die toets van die brûe sal gedoen word in die skoolsaal wat baie meer toeskouers kan huisves. Dit is belangrik om in ‘n se opvoeding op kultuur en sport te fokus omdat albei groot komponente in ons lewe is. Daarom moet skole en opvoedkundige instellings ewe veel tyd bestee aan die aanbieding van beide dissiplines.

NAPSO atletiek

Pro-Ed Akademie op Swakopmund sal die gasheer wees van die Napso Atletiek wat volgende jaar op 23 en 24 Maart plaasvind. Atlete van verskeie skole gaan die geleentheid kry om deel te neem aan baan- en velditems, wat onder meer hekkies, hoogspring, verspring, diskus, spiesgooi en gewigstoot insluit.

Me. Florinda Fourie, die sportorganiseerder van Pro-Ed Akademie, verwag deelname van ongeveer 1 000 atlete, met 22 skole wat reeds hul bywoning bevestig het.

Fourie het gesê die Olimpiese Spele sal dien as ’n inspirasie vir die geleentheid, aangesien die Spele volgende jaar in Tokio, Japan, sal plaasvind. Sy het gesê dat die skool ook die byeenkoms deel van Pro-Ed Akademie se 25ste verjaardagvieringe wil maak. “Ons sal graag met ons Napso-familie wil feesvier en het ook ’n spesiale logo ontwerp om die dag te vier.”

Die skole se gelukbringers sal ook die kans kry om hul talente ten toon te stel, met verskeie verrassings waarna die leerlinge kan uitsien.

“Napso gaan oor gesonde kompetisie en om vriendskapsbande te smee. Dit bly die kern van wat ons wil doen volgende jaar.”

Borge

Napso-borge en mediavennote sluit in Securitas, Wimpy, Coca-Cola, die Noordwes-universiteit, Spar, Kanaal 7, Nictus, Netwerk en My Zone van Namibia Media Holdings.

Similar News

 

Ongwediva Annual Trade Fair cancelled

2 months ago - 26 May 2020 | Events

ILENI NANDJATO ONGWEDIVA The 21st edition of the Ongwediva Annual Trade Fair (OATF) has been cancelled.The popular event, which was scheduled to take place from...

Donation of medical equipment to Opuwo District Hospital

4 months ago - 20 March 2020 | Events

The Ohorongo Otavi Community Trust (OOCT) handed over a container of medical equipment to the Opuwo District Hospital on Friday, 13 March 2020. This donation...

NamiGreen and MultiChoice make e-waste history

4 months ago - 20 March 2020 | Events

MARISELLE STOFBERG NamiGreen is an e-waste company that recycles electronic waste (e-waste) in Namibia. Their mission is to keep the Namibian environment and Africa green...

Kudu and Lion to meet again

8 months ago - 26 November 2019 | Events

Mariselle Stofberg From 26 to 30 May 2020, Windhoek Gymnasium and Windhoek High School will meet again for their yearly inter-high competition. Windhoek Gymnasium will...

Napso is gereed vir 2020

8 months ago - 26 November 2019 | Events

Mariselle Stofberg, Evany van Wyk en Iréne-Mari van der WaltDatumsSaterdag 21 Maart: Napso Akademie-saamtrek en vakvergaderings Maandag 23 Maart en Dinsdag 24 Maart: Napso Atletiek27...

Over N$1m raised for OATF

1 year - 02 July 2019 | Events

The ever-increasing business expos and trade fairs held in almost every town across the country have become worrisome and impact corporate social investment (CSI) budgets,...

Omuhoko Trust invests in youth

1 year - 17 May 2019 | Events

Evany van WykThe Omuhoko Trust to which all PricewaterhouseCoopers employees contribute to on a monthly basis, and whose contributions the firm matches, wanted to contribute...

Nearly N$900k raised for totem expo

1 year - 30 April 2019 | Events

A gala dinner held to raise funds for this year's Oshakati Totem Expo on Saturday raised over N$870 000.The event will take place from 24...

SMEs drive economic growth

1 year - 26 April 2019 | Events

Small and medium-sized enterprises (SMEs) are important drivers of growth, employment and innovation in and around the northern town of Ondangwa. It is against this...

Unwavering passion at Ondangwa Private Hospital

1 year - 26 April 2019 | Events

In 2014, Dr Happy Musweu and his wife, Dr Helena Shuuvuni, both general practitioners, established the Ondangwa Private Hospital after identifying the need for a...

Latest News

River-crossing fugitive in custody

12 hours ago | Crime

OGONE TLHAGEWINDHOEKImmanuel David, a Namibian-born South African passport holder who entered the country illegally by crossing the Orange River in a canoe in June, has...

Harambee goal down the toilet

12 hours ago | Government

Jo-Maré Duddy WINDHOEK Of the 50 000 toilets in informal settlements in rural areas President Hage Geingob promised in his Harambee Prosperity Plan (HPP)...

Contraceptive shortage: 27 900 unintended...

12 hours ago | Health

JEMIMA BEUKESWINDHOEKA study predicts that up to 27 900 unintended pregnancies may occur in Namibia because of a shortage of contraceptives brought about by the...

RFA spend massive amounts

12 hours ago | Economics

The Road Fund Administration (RFA) has over the past five-years allocated N$ 177.2 million to the City of Windhoek towards road maintenance and traffic law...

Rid Namibian police of rogue...

12 hours ago | Opinion

Videos of Namibian police officers assaulting alleged illegal immigrants from Zambia are a continuation of many violations that have become common place within the national...

'Covid-19 used for hidden agendas'

12 hours ago | Labour

ELLANIE SMIT WINDHOEK The Trade Union Congress of Namibia (Tucna) yesterday accused government of purposefully using the Covid-19 pandemic to clandestinely and deliberately destroy parastatals,...

Otavi man commits suicide by...

12 hours ago | Crime

NAMPAOTJIWARONGOA 30-year-old man from Otavi committed suicide by allegedly drinking acid on Monday.Otjozondjupa police spokesperson, Inspector Maureen Mbeha, said yesterday the deceased has been identified...

N$5.5m for wildlife protection

12 hours ago | Environment

ELLANIE SMIT WINDHOEK The Game Product Trust Fund (GPTF) has become increasingly important in protecting wildlife due to a lack of funding from government. The...

COMPANY NEWS IN BRIEF

12 hours ago | Business

Disney takes US$5 billion hit Walt Disney Co avoided the unmitigated disaster some investors feared as it eked out an adjusted profit amid the coronavirus...

Load More