Namibiër die mooiste van die mooistes

Nicole Landsberg, die nuwe Mej. Tiener Vastelande, is passievol oor kinders en wil haar nuwe titel gebruik om ? verskil in die lewe van ander te maak.

06 August 2019 | People

Mariselle Stofberg







Trane, opwinding, heimwee en pure trots het die pragtige Nicole Landsberg op 20 Julie begroet tydens haar aankoms op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako.

Landsberg is onlangs in Las Vegas in die Verenigde State van Amerika as die nuwe Mej. Tiener Vastelande gekroon.

Dié matriekleerling van Windhoek Hoërskool het reeds vanaf die ouderdom van ses met modelwerk begin. Sy het ingeskryf vir Miss Petite by Windhoek Gimnasium waar sy as die wenner gekroon is.

Hoewel sy baie sukses in skoonheidskompetisies ervaar het, het Landsberg vir eers ? blaaskans van modelwerk en kompetisies geneem nadat dié baie van haar tyd in beslag begin neem het, min wetend dat sy haar passie vir die bedryf op die ouderdom van 16 opnuut sal vind.

Sy het ingeskryf vir Mej. Biltongfees, waar sy ook as die wenner gekroon is. “Dit is hier waar ek besluit het ek wil groot gaan en ek wil my land ook betrokke kry. Daarna het ek vir Mej. Tiener Namibië ingeskryf en ná my kroning het ek net weer besef hierdie is my talent en my passie.”

Landsberg het ? jaar se voorbereiding gedoen om aan die gesogte Mej. Tiener Vastelande in Amerika deel te neem. “Dit is ? groot stap om internasionaal deel te neem. Jy moet eienaarskap vat, want niemand anders kan dit vir jou doen nie, en jy moet geestelik gereed wees om dit aan te pak, want dit is nie maklik nie. Ek het ? jaar lank voorberei en selfs met ? jaar se voorbereiding bly jy onseker.”

Landsberg het aan die wêreld bewys Namibië is ? land wat nie onderskat moet word nie. “Jy voel baie onseker oor jouself in die begin, want hier kom jy van ? klein landjie af en moet teen groter lande gaan deelneem, en dit voel asof alles groter en beter is. Ek het egter deur die kompetisie getrou gebly aan wie en wat ek is.”

Sy sê sy het tydens die kompetisie gegroei as mens en ondanks die min slaap, ver reis, baie bagasie, kultuurverskille en taalgapings talle nuwe vriende en herinneringe gemaak. “Ek het dit ongelooflik geniet om nuwe mense te ontmoet, hulle stories te hoor, vriendinne te maak en my wêreld van nuwe mense te verbreed.”

Tydens Augustus gaan Landsberg haar kroon as Mej. Tiener Namibië moet oorgee en moedig haar opvolger aan om nooit haarself in die warboel te verloor nie. “Wees jouself, jy is mooi soos jy is. So moenie probeer voorgee nie. Geniet elke oomblik, want dit gaan so vinnig verby en dit is regtig die grootste voorreg om die kroon te kan dra. Jy doen dit nie net vir jou land nie, maar ook vir jouself, so wees trots.”

Ploeg terug in gemeenskap

Landsberg is baie lief vir kinders en geniet dit om met mense te kan werk.

“Een van my grootste drome is om eendag ? nalatenskap agter te laat en ? verandering in die lewe van ander te kan maak.” Landsberg het haar droom en haar passie gebruik om op haar projek as finalis vir Mej. Tiener Namibië te besluit. “Ek het geld ingesamel om ? nuwe skool in Windhoek te ondersteun wat met net vyf kinders en een klaskamer begin het.”

Landsberg het by die bushalte naby haar huis gaan springmielies en lugtyd verkoop, en die geld gebruik om speelgoed, boeke en skryfbehoeftes vir die kinders aan te koop. Ná haar kroning as Mej. Tiener Namibië het Landsberg besluit om nog ? klaskamer by die skool aan te bou.

“Ek het hulp deur die ongelooflike borgskap van mnr. Braam Smith van Dibra Investments ontvang wat die aanbou van die nuwe klaskamer moontlik gemaak het.” Die skool het tans 12 leerlinge en Landsberg hoop om in die toekoms daar verder uit te brei.

“Ek wil nie net by die skooltjie stop nie, maar wil graag in Windhoek en Afrika werk om skole te ondersteun en onderwysers te help om skoolbenodighede te bekom en om eindelik ? positiewe leeromgewing vir kinders moontlik te maak,” sê Landsberg.

“Kinders is die toekomstige leiers en sal altyd ? spesiale plekkie in my hart hê. Ek ervaar soveel geluk en opwinding, want hierdie hele proses is ? droom wat bewaarheid is. Dit maak my gelukkig om ander te kan help en terug te gee aan my gemeenskap.”

Similar News

 

The world is her stage

5 days ago - 20 August 2019 | People

Ester Kamati Dancer, MC, entrepreneur, personal assistant and actress.These are the hats that Naledi Kunene, popularly known as Nay-Nay, wears when she is not occupied...

Commitment checkmate!

1 week ago - 16 August 2019 | People

ESTER KAMATIFor a 63-year-old, Hangero is quite an energetic man who always ensures that his work is done to the best of his ability. He...

Starting a new chapter

1 week ago - 16 August 2019 | People

Evany van Wyk A new job marks a fresh start to your life. This is the time to chin up and mentally prepare...

The friendly face at the Sat-Com reception desk

1 week ago - 16 August 2019 | People

ESTER KAMATIBeing the first person that customers encounter is a very important job and Dollina Nelumbu, the receptionist at Sat-Com, does not take this for...

Lishen, the chess queen

1 week ago - 13 August 2019 | People

Michelline Nawatises Lishen Mentile joined her first chess club at Eros Primary School in 2008, in grade 2. Since then she was fascinated and her...

Gys, trash guru of Rent-A-Drum

2 weeks ago - 09 August 2019 | People

Michelline NawatisesGys Louw is the CEO of Rent-A-Drum (Pty) Ltd, the leader in waste management and recycling in Namibia. Louw has over 30 years of...

Beautifully tenacious in a male-dominated field

2 weeks ago - 09 August 2019 | People

Mariselle StofbergA jaguar is perceived as intimidating, tenacious, beautiful, elegant, energetic and driven, and this is why the strong and determined Paulina Iyambo resonates so...

Jack of all trades

2 weeks ago - 09 August 2019 | People

Michelline NawatisesRemigius Angula was born in Oshakati in the Oshana Region. He holds a Bachelor of Science (BSc) Honours degree in microbiology which he obtained...

RFA’s go-getter

2 weeks ago - 09 August 2019 | People

Evany van WykMercia Maurihungirire is a full-time financial accountant at Road Fund Administration (RFA), married to a wonderful husband and busy raising two sons and...

Where passion meets numbers

2 weeks ago - 09 August 2019 | People

MARISELLE STOFBERG“I want to be able to take a person, within their department or personal life, and walk a path with them and see how...

Latest News

Soldier charged with shebeen burglaries

2 days ago - 23 August 2019 | Crime

A member of the Namibia Defence Force has been arrested in connection with burglaries at six shebeens at Okakango location in Ondangwa.Operation Kalahari members have...

Letting the big fish swim

2 days ago - 23 August 2019 | Columns

Prosecutor-General Martha Imalwa has opened a Pandora's Box, following her revelations this week that any hopes of Namibia recovering the over N$600 million lost in...

Swapo threatened with court action

2 days ago - 23 August 2019 | Politics

Five Swapo members have threatened to take the party to court if their demand for the re-run of the Otjiwarongo district renewal of mandate process...

Dumpsite scramble

2 days ago - 23 August 2019 | Environment

Several municipalities are moving fast to comply with the ministry of environment's new regulations, which require towns to obtain environmental clearance certificates for their dumpsites.So...

Khomas elects Swapo 'pot' contenders

2 days ago - 23 August 2019 | Politics

The Swapo leadership in the Khomas Region have elected businesswoman Martha Namundjebo-Tilahun and 30-year-old City of Windhoek councillor Ian Subasubani to stand as National Assembly...

Land acquisition fund deemed unnecessary

2 days ago - 23 August 2019 | Agriculture

The Parliamentary Standing Committee on Public Accounts Committee questioned the existence of the Land Acquisition and Development Fund because government already has a finance system...

Certified royalty

2 days ago - 23 August 2019 | Art and Entertainment

King Tee Dee, formerly known as The Dogg, is an artist who has come full circle. After many years spent dominating the music scene by...

Battling creative exhaustion

2 days ago - 23 August 2019 | Columns

We have all heard this advice before - we can't continue to be productive and creative if we exhaust ourselves, or if we fail to...

The Fashion Soireè returns

2 days ago - 23 August 2019 | Art and Entertainment

Hosted by three of Namibia's fashion darlings; Reinhard Mahalie, Jay Aeron and Rumano Fabrishh, The Fashion Soireè is the first of its kind in Namibia.More...

Load More