Namdeb ondersteun motorwerktuigkundeklas
14 July 2020 | Youth
Namdeb het, as deel van hul ondersteuning van kwaliteit onderwys, aan die skool ’n voertuig geskenk wat graad 10 en -11 leerlinge as deel van hul motorwerktuigkundeklas kan gebruik.
Die voertuig is Donderdag, 25 Junie aan mnre. Harold Clark, die skoolhoof, en Martin Kisting, die motorwerktuigkunde onderwyser, oorhandig. Namdeb se besigheidsanalis, mnr. Lodewyk du Plessis en mnr. Flokka van Rooyen, die Namdeb-diensvlakbeheerder, was tydens die oorhandiging teenwoordig.